Stella- unplugged
Wed Oct 17, 19:30 - Wed Oct 17, 21:00
Musiekskuur (Rockwood Theatre)
ABOUT
Bring jou vriende en kom geniet 'n gesellige aand met die akoestiese klanke van Stella. Saam met haar op die verhoog is Izelle Claassen op viool en die bekende Rixi roman op baskitaar. Dit beloof om 'n aand van mooi, sinvolle, lig en diep klanke te wees!
Jy kan jou eie kos saambring, maar daar is ook 'n lekker menu om van te kies, so kom enige tyd van 6pm af vir lekker kuier en eet. Drankies sal by die teater te koop wees- geen vorm van drank kan van buite af ingebring word nie.
Stella (Combrink) is deel van die Ghoema-bekroonde (Beste Gospelalbum) die gospelgroep, Duis:Lig. Sy het 2017 haar eerste sekulêre solo-album, Nuwe Môre, uitgereik. Die CD bestaan uit twaalf hoendervleismooi oorpronklike kontemporêre snitte, wat haar gevoelvolle stem komplementeer en haar vaardigheid as liedjieskrywer ten toon stel. Sover het die album reeds drie treffers opgelewer, waaronder Deur Die Liefde En Die Seer wat nommer een was op Maroela Media kort nadat dit vrygestel is. Die titelsnit, asook Hoop In Liefde word steeds gereeld oor die radio gehoor en is baie goed ontvang. Net soos haar uitsonderlike, veelsydige stem, is die dame ook ’n vrou van vele talente en met baie hooi op haar vurk. Wanneer sy nie haar lyf musikant hou nie, is sy ook boervrou op hulle plaas in Carolina en ma van ’n twee jarige dogtertjie. Sy is ook mede-bestuurder van hulle gastehuis en trou-venue, Acorn Guest Farm.