Daar is ‘n Engel in my koskas - aangebied deur Willie Strauss

Sat Nov 3, 11:00 - Sat Nov 3, 13:00

The Fairview Collection, Tzaneen

ABOUT

Die SAVF Tak Tzaneen bied ‘n heerlike oggend tee aan vir dames op Saterdag oggend, 3 November om 11h00, tydens die Taste of Tzaneen Fest 2018, wat by Fairview Hotel in Tzaneen gehou word.


Sanger, skrywer en kosliefhebber Willie Strauss se nuutste kabasert is getiteld “ Daar is ’n engel in my koskas”

In die eiesoortige styl van die kunstenaar, wat bekend geraak het om die tema van engele in sy werk, vertolk Strauss die keer die rol van die nuwe eienaar van die huis in Malherbestraat 20. 


Buurvrou Mathilda sleep ’n stoel nader en vertel vir hom die vorige eienaars, Gawie en Magriet, se storie – wat hy in die vertoning weergee. Die rooi van die granate in die tuin en die ongewone pers vlek teen die sifdeur word simbole wat die lief en leed van ’n gewone gesin uitbeeld.


Die kabasert van Willie is ‘n aardse storie wat vlerke kry en in alle ongewone rigtings vlieg want iewers in die vertoning sal jy jouself kan raaksien ……...


Willie Strauss is gebore in die Noord-Kaap en as klein seuntjie het sy liefde vir kosmaak al begin toe hy na sy ma geloer het, wat kos gemaak het in hulle ou Jewel stoof op die plaas. Na skool het hy sy Nationale Diploma Uitvoerende kuns aan die Pretoria Technikon verwerf.


Hierna het hy sy diensplig as deel van die vermaaklikheidseenheid van die Lugmag gedoen. Tydens sy studies het hy die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein gesien en besef, dit is wat hy wil doen, sing en vertolk. Lirieke is vir hom baie belangrik en vandag skryf hy die meeste van sy lirieke self.


Willie noem sy vertonings kabaserte wat ‘n vermenging van kabaret en ‘n goeie konsert is. Hy het verskeie eenmanvertonings al gedoen waarvan Jou ma se Poësie en ander gedigte , Die duiwel dra crocs en Daai ene net die vlerke die gewildste was. Hy het ‘n TV advertensie gedoen en was al ‘n gas op programme soos Geraas,

Dis hoe dit is met Steve, Glitterati en ‘n episode van Proesstraat.


Willie tree gereeld as beoordelaar op by kunswedstryde en Eisteddfods. Hy is ook die beskermheer van die Kungwini Eidsteddfod suid van Pretoria asook die RACA kunsfees in Randfontein.


Vir vier jaar was hy die musiekjoernalis vir My Tyd, die tydskrif van Rapport, waarin hy weekliks ‘n musiekrubriek behartig het.


Sy liefdadigheidsprojek wat hom baie na aan die hart lê is, Huis Ebenhaezer in Daspoort.


 Dit is ‘n huis van veiligheid vir kinders.


Die regisseur van “Daar is ’n engel in my koskas” is akteur en sanger Jacques Botes terwyl die musikale regie deur die talentvolle Roelof Colyn hanteer word.


Kaartjies kos R 150.00 en kan aanlyn op die www.tasteoftzaneen.co.za se webblad gekoop word, of direk by die SAVF Kantore in Agatha straat Tzaneen.


Kontak gerus vir Ilza Roelofse vir meer inligting by 082 773 0471 of kontak Marinda by [email protected]


DIRECTIONS

Daar is ‘n Engel in my koskas - aangebied deur Willie Strauss
The Fairview Collection, Tzaneen
Tzaneen, South Africa
Get Directions