Schalk Bezuidenhout: Snorseun @ HB Thom, Stellenbosch 3 NOV

Sat Nov 3, 20:00 - Sat Nov 3, 21:15

HB Thom Teater, Stellenbosch

ABOUT

NUWE VERTONING! Schalk Bezuidenhout, die krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies en skerp tong, is die mees opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse stand-up. Sedert hierdie boorling van Kempton Park in 2015 (en weer 2017) in Trevor Noah se voorprogram opgetree het en 'n solo-vertoning op Comedy Central uitgesaai is, het hy vinnig 'n huishoudelike naam geraak. Hy het ook reeds twee Comics Choice-toekennings en ’n gesogte SAFTA ingepalm. Schalk is deesdae 'n bekende gesig op televisie, veral in die rol van die geliefde Danny in die kykNET-reeks Hotel en as anker van die satiriese nuusprogram Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout, ook op kykNET. 

Nadat Schalk in Augustus vanjaar sy nuwe vertoning, Snorseun, in 'n volgepakte HB Thom-teater opgevoer het, keer hy nou terug vir drie aande!  

Teatergangers kan uitsien na die snorseun op sy beste, met nuwe materiaal, vlymskerp waarnemings en sosiale kommentaar oor die lewe en die land waarin ons leef. Snorseun sal baie reaksies by jou uitlok, waarvan lag sommer lag-lag die grootste is. Bespreek gou, die kaartjies gaan vlieg! 



DIRECTIONS

Schalk Bezuidenhout: Snorseun @ HB Thom, Stellenbosch 3 NOV
HB Thom Teater, Stellenbosch
Victoria St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions