Kaleidoskoop @ Happy Hippo

Sun Sep 16, 11:00 - Sun Sep 16, 16:00

Seekoeirivier Events

ABOUT

Kaliedoskoop @ Happy Hippo

Kom geniet 'n heerlike Sondagmiddag by Happy Hippo. Ontpan lekker langs die rivier. Bespreking noodsaaklik.  Kos 
en drank te koop. Moet dit nie misloop nie!
 

Meer oor hierdie talentvolle groep:
"Kaleidoskoop is ‘n Afrikaanse musiekgroep wat hul musiek uit ’n positiewe, dog realistiese oogpunt komponeer....’n broodnodige boodskap van hoop. Met kleurryke harmonieë en warm akoestiese instrumente neem Kaleidoskoop ’n hele spektrum van musiekvorme aan. Soos die suggestie in hulle naam weerspieël, laat Kaleidoskoop jou deur hul Afrikaanse musiek anders na die kleure van liefde, menswees en die lewe kyk...kom kyk saam met hulle deur die Kaleidoskoop!"
 
Kaleidoskoop het 'n Tempo-toekenning ontvang vir Beste Kontemporêre Album vir hul vorige album, Vars Uitgekerf. Hulle was saam met Nianell, Coenie de Villiers, Karen Zoid, Romanz en Jak de Priester genomineer in hierdie kategorie.
 
Hulle is ook benoem vir beste nuweling en beste kontemporêre album by die Ghoema's. Hul is in laasgenoemde kategorie genomineer saam met Heuwels Fantasties, Juanita du Plessis & Theuns Jordaan, Adam en Vuurwerke. 
 
Kaleidoskoop wen 'n 2018 Ghoema vir beste album deur 'n groep of duo met hul nuwe album, Gunsteling Seisoen
 

DIRECTIONS

Kaleidoskoop @ Happy Hippo
Seekoeirivier Events
Immergroen Ave, Paradise Beach, Jeffreys Bay, 6330, South Africa
Get Directions