ROKKIE

Fri Aug 24, 10:00 - Sat Aug 25, 21:30

Event is online

ABOUT

ROKKIE
 
Een van vanjaar se toonvenstervertonings by die Suidoosterfees was Rokkie, die verhaal van ’n 50-jarige transgenderpersoon van die Kaapse Vlaktes. Die gordyn open op die dag  waarvoor sy al jare wag: haar “gender reassignment”.
Sy deel van haar mees intieme herinneringe met ons: haar ouers, haar ma se kêrel, die liefde van haar lewe, haar eerste beauty pageant, tyd op die straat en haar soeke na identiteit. Rokkie is ’n hartseerstorie, maar ook vol hoop.
Die skrywer is Denver Breda, ’n taal- en kultuuraktivis, skrywer, fotograaf, akteur, digter en feesorganiseerder. Hy is vasbeslote om te baklei vir die bewusmaking en herlewing van ons Khoesan-tale asook die voortbestaan van Afrikaans en sy verskillende dialekte, soos Kaaps,  Plattelandse Afrikaans (soos gehoor deur die stories van sy moeder, wat oorspronklik van Graaff-Reinet is en toe as 19-jarige in die Kaap kom werk het as huishulp) en sy eie weergawe: Plattekaaps.
Met akteur Charlton George (van televisiereekse Sara se geheim en nou in Fynskrif.  Ook bekroon beste akteur vir Rokkie by SOF18). Regie Lee-Ann van Rooi.
Bostaande uittreksel is uit onderhoud gevoer met Denver Breda. Volledige artikel  https://www.litnet.co.za/suidoosterfees-2018-rokkie-n-onderhoud-
24 en 25 Augustus by Bôrdienghuis, Wellington om 20:00. R100
Pizzas en drankies vanaf 18:00