Libertaskoor in Kloofstraat

Tue Jul 31, 19:30 - Tue Jul 31, 21:00

Hoërskool Jan van Riebeeck

ABOUT

Die befaamde Libertaskoor, wat in 1989 in Stellenbosch gestig is, se missie is nog altyd om koormusiek onder die onderskeie kulturele gemeenskappe in ons land te bevorder. Bykans 30 jaar later word hierdie missie steeds in die koor se lidmaatskap weerspieël en bestaan hulle repertoire, onder andere, uit tradisionele en kontemporêre Suid-Afrikaanse liedjies. Die lede van die Libertaskoor is almal Wes-Kapenaars, en met verteenwoordiging uit elke kultuurgroep is hulle aanslag jeens etniese koormusiek uniek en oorspronklik. Samewerking met professionele simfonie-orkeste en soliste het ook al gelei tot optredes van oratoria soos Handel se Messias, Bach se Mis in B Mineur en Mozart se Requiem.
 
Onder leiding van die bekende dirigent, professor Johan de Villiers en sy vrou en koorbestuurder, Louwina, het hierdie koor deur die jare uitgebreide konserttoere na Duitsland, Holland, België en die VSA, onderneem en ook konserte in Frankryk, Switserland en Engeland gegee.
 
Die Libertaskoor is ‘n gereelde deelnemer by kunstefeeste regoor die land en sing op uitnodiging by hoëprofielfunksies en internasionale konferensies met uitgelese gaste wat presidente Mandela, Mbeki, Sarkozy, George W. Bush, sowel as Prins Philip, die Hertog van Edinburgh, insluit.
Op 31 Julie 2018 gaan dié internasionaal gerekende koor ‘n ekslusiewe vertoning by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad aanbied. Al die geld wat tydens die vertoning ingesamel word, sal aangewend word vir musiekbevordering in die skool.
 
Navrae kan gerig word aan me Louwina de Villiers by [email protected].
 
Vir meer inligting asook videogrepe van die Libertaskoor, besoek gerus hulle webwerf (http://libertas.co.za/) of Facebook-bladsy (https://www.facebook.com/LibertasChoir/)

DIRECTIONS

Libertaskoor in Kloofstraat
Hoërskool Jan van Riebeeck
129 Kloof St, Gardens, Cape Town, 8001, South Africa
Get Directions