Schalk Bezuidenhout: Snorseun @ HB Thom, Stellenbosch

Wed Aug 1, 20:00 - Wed Aug 1, 21:20

HB Thom Teater, Stellenbosch

ABOUT

NUWE VERTONING! Schalk Bezuidenhout, die krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies en skerp tong, is die mees opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse stand-up. Sedert hierdie boorling van Kempton Park in 2015 (en weer 2017) in Trevor Noah se voorprogram opgetree het en 'n solo-vertoning op Comedy Central uitgesaai is, het hy vinnig 'n huishoudelike naam geraak. Hy het ook reeds twee Comics Choice-toekennings en ’n gesogte SAFTA ingepalm. Schalk is deesdae 'n bekende gesig op televisie, veral in die rol van die geliefde Danny in die kykNET-reeks Hotel en as anker van die satiriese nuusprogram Die Ware Naarheid met Schalk Bezuidenhout, ook op kykNET.  Nou kom tree Schalk vir die eerste keer in die legendariese HB Thom-teater op met sy nuwe vertoning, Snorseun.  Teatergangers kan uitsien na die snorseun op sy beste, met nuwe materiaal, vlymskerp waarnemings en sosiale kommentaar oor die lewe en die land waarin ons leef. Snorseun sal baie reaksies by jou uitlok, waarvan lag sommer lag-lag die grootste is. Kom vier "klein Saterdag" met skaterlag in die HB Thom-teater. 

Kaartjies by die deur beskikbaar @ R 120. (slegs kontant en Snapscan)

DIRECTIONS

Schalk Bezuidenhout: Snorseun @ HB Thom, Stellenbosch
HB Thom Teater, Stellenbosch
Victoria St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions