OPERA GALA

Sun Aug 26, 16:00 - Sun Aug 26, 18:30

Three Anchor Bay Dutch Reformed Church

ABOUT

NG Kerk Drienakerbaai bied aan 'n Opera Gala met uitvoerings van geliefde arias, duette en ensembels uit operas, operettes em musiekblyspele. Kom geniet Verdi, Bizet, Gounod en Gershwin met nuwe geslag opwindende sangers. Van die sangers wat gehoor kan word:


Jacobi de Villiers (Alt)

Jacobi de Villiers het haar Nagraadse Diploma in Opera-uitvoering in 2016 aan die Universiteit van Kaapstad cum laude verwerf onder leiding van George Stevens en Kamal Khan. Daarna het sy haar sangopleiding in Berlyn voortgesit onder leiding van die dramatiese sopraan, Allison Oakes. ‘n Hoogtepunt in Jacobi se loopbaan was toe sy in 2013 as solis gekies is deur William Kentridge vir sy produksie, Refusal of Time. Jacobi is gereeld te sien in plaaslike operaproduksies soos die onlangse ‘n Koffer in Berlyn (solo-eenvrouvertoning) en as altsolis in Elia van Mendelsohn en die Messias van Händel. 


Brittany Smith (Sopraan)

Brittany het haar BMus in Opera onder Virginia Davids aan die SA Musiekkollege aan die Unversiteit van Kaapstad verwerf. In 2017 het sy haar debuut gemaak by Kaapstad Opera as Pamina in Mozart se Towerfluit en is ook onlangs by die 53ste Fleur du Cap-toekennings vir hierdie rol as Beste Vroulike Operasanger in 2017 genomineer. Brittany berei haar tans voor vir die rol van Norina in Donizetti se Don Pasquale.


Keanan Lyle Mitchell (Tenoor)

Keanan het ‘n BMus-graad onder leiding van Virginia Davids aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Sy nagraadse studie is in opera-uitvoering en hy sal in September sy buiging maak as Paulino in die Universiteit van Kaapstad se Operaskoolproduksie, Il Matrimonio Segreto.


Garth Delport (Bas)

Garth verwerf sy Diploma in Opera-uitvoering aan die Universiteit van Kaapstad se Musiekkollege onder leiding van Virginia Davids en Brad Liebl. Garth is tans deel van Kaapstad Opera en het reeds opgetree in Rigoletto, African Angels, Grace notes, Die Vlieënde Hollander en die Towerfluit.


DIRECTIONS

OPERA GALA
Three Anchor Bay Dutch Reformed Church
265 Main Rd, Three Anchor Bay, Cape Town, 8005, South Africa
Get Directions