Gorgeous Godly Girls- GGG Mom and Me

Sat Aug 4, 10:00 - Sat Aug 4, 14:00

DE HOOP SCHOOL ENTERTAINMENT CENTRE

ABOUT

This is a time where Mother and Daughter are celebrated during WOMEN'S MONTH! We talk identity, we talk relationships, we talk fashion and style! Included is a light lunch and small gift. See some testimonials from last year's event...

GORGEOUS GODLY GIRLS TESTIMONIALS!
 
 "Goeie more Heinz en Alette

Ek wil net vir jul baie dankie se vir die voorreg om gister die Triple G's oggend saam my prinses te kon bywoon. Ons het so maand terug hiernatoe verhuis van Gauteng af so ons pas nog aan hier in Somerset en verlang ons baie na ons familie daardie kant maar na gister voel ek ook  net sterker en weet ek dat Jesus het n rede gehad om ons hiernatoe te stuur en dat hy altyd daar sal wees vir ons en ons hartseer sal wegvat.
Dankie dat ons weer kon besef en weet dat '"I am Beautiful" en " I am Loved". Jul het ons harte aangeraak met jul woorde en met die sang. My en my dogtertjie se verhouding is net nog sterker na gister.

As jul volgende jaar weer so iets doen is ons defnitief daar. Jul is defnitief n groot inspirasie.

Groete
Charlene"
 
 
 
 
"Goeiemore Heinz en Aletté,
 
Baie dankie vir jul goed saamgestelde program gister.
 
Dink bietjie daaroor om ook dieselfde program aan te bied as ’n "Pa en Dogter" dag… ons as mamma’s hoor altyd dat die man die hoof van die huis moet wees en dat hy die leiding met die geestelike opvoeding moet neem, maar as mamma kan ons ook net soveel keer vra en sê… 
’n Dogter hou ’n Pa se hart in haar handjies en hul sal enige iets doen om haar respek te behou. ’n Man moet dit weet - soos Bobby sing, hul hoor ons, maar hul luister nie. ’n Pa wat voor sy dogter kan hoor wat sy rol as koning van die huis moet wees, hom op te lig, sal ag slaan daarop. 
 
2de ding - en dit was sekerlik nie ’n probleem vir die ouers nie, maar die heeltyd engelse aanbieding het veral die afrikaanse kleintjies verloor, hul proseseer nog van die woorde en dan verloor hul die hele boodskap. Ek sal in die toekoms graag hierdie hele program in afrikaans met my dogters wil  deursit - en ek voel dat daar meer praktiese voorbeelde en 5 min besprekings tussen ma (pa) en dogters moet wees oor die punt wat aangeroer word sodat dit insink by hulle en kommunikasie kan bevorder, sodat ons mekaar se harte kan hoor.
 
Heinz, jou CD is pragtig, ek is bly ek het dit gekoop, ek het nie besef dat dit jy was wat al hierdie amazing songs sing nie.
 
Baie dankie vir ’n mooi dag gister.
 
Groete,
 
Lientjie Venter"
 
 
"Geagte Heinz & Alette,
 
Baie dankie vir die geleentheid Gorgeous Godly Girls, aangebied deur jouself en jou lieflike vrou, en natuurlik die span van fenomenale vrou Jonanda en Michelle vandag. Ek glo dat God julle vir sy spesiale doel gebruik om Sy lig te skyn, Sy liefde te deel, om Sy volk te vorm. Julle maak 'n verskil op maniere wat julle nie eers besef nie en julle word baie waardeer.
 
Ek wil julle bedank vir die deel van God se liefde, nie net met julle woorde nie, maar ook met julle lewe. In vandag se wêreld is dit nie altyd maklik om te doen nie, maar julle doen dit met vriendelikheid en konsekwentheid. Dit maak julle anders, en dit is die rede waarom julle 'n verskil maak. Julle is geseën met spesiale vermoëns.
 
Ek bely dat ek dikwels op die wêreld se manier verdwaal ... maar vandag is ek dankbaar vir julle twee-om ons te herinner aan die waarhede wat die lewe help om sin te maak - om ons te wys aan 'n genadige God wat ons ken in ons swakhede en ons nogsteeds so lief het! En weer wat 'n pragtige werk wat julle doen om Sy lig op hierdie plek te skyn en ons aan te moedig om dieselfde te doen. 
 
Liefde Leona xx"