Spraaksaam @ Lucit: April Gekkery

Sun Apr 8, 16:00 - Sun Apr 8, 17:55

Lucit Restaurant

ABOUT

SPRAAKSAAM@LUCIT DIGKUIER - April gekkery

Sperdatum en die tydskrif Bloots reël n heerlike, informele digkuier, handevat en kruisbestuiwing van digkuns en musiek in ons pragtige watertuin van Lucit Restaurant. Ons lighartige tema is April Gekkery en ons verwag om gedigte te hoor in 'n speelse trant, maw iets aweregs en buite die gewone.

Kom lees jou werk voor by ons "open mic" sessie (Afrikaans en Engels) en deel jou talent en inspirasie met like minded mense. Digbundels, tweede handse boeke, nuwe bundel, plate, CD's en DVD's is te koop. Bring ongebruikte kos en klere en huishoudelike toestelle wat rondlê vir Naude Kritzinger as skenking vir die CMR (Christelike Maatskaplike Raad).

Lucit Restaurant se drankbare kroeg en dierbare kombuis bedien versnaperings, spirit en goedgelowigheid. By registrasie kan jy n groente of n hoender kerrie met basmati rys vir R 50 bestel. Dit word bedien na afloop van die voordragte.

Kontak Mariette 0727442027 indien jy enige informasie verlang of van jou gedigte wil voorlees. 

 

DIRECTIONS

Spraaksaam @ Lucit: April Gekkery
Lucit Restaurant
217 Soutpansberg Rd, Rietondale, Pretoria, 0084, South Africa
Get Directions