IN DIE BEGIN WAS DIE WOORD

Fri Apr 13, 19:00 - Fri Apr 13, 22:00

VOORTREKKERMONUMENT

ABOUT

Liewe Ondersteuner!

Op 13 April 2018 fokus IN DIE BEGIN WAS DIE WOORD op ons ryk Erfenis en hou ons makietie by die Voortrekkermonument.

Ons kuier saam by die Erfenisstigting waar gefokus word op onderwerpe rondom Suid-Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis, met inbegrip van die Afrikaanse taal. Die boekwinkel sal oop wees ten tye van ons funksie! 'n Kort toer deur die uitstalling moet jy asseblief nie misloop nie!

Ons is bevoorreg om een van die navorsers van die nuwe UITSTALLING: “Afrikaners in die 20ste eeu: baanbrekers, bakens en brûe” & “Poskaartflitste uit die geskiedenis" (wat 5 jaar geneem het om af te handel) Estelle Pretorius, as gasspreker te hê! 

Jy kan verwag om ég Afrikaanse musiek, ég Afrikaanse Poësie sowel as ég Suid-Afrikaanse lekkernye by hierdie geleentheid te geniet. 

Kom kuier saam en maak ‘n verskil !

Alle inkomste wat op dié aand ingesamel word, word aan die Erfenisstigting oorhandig.

RSVP so gou moontlik om jou plek te bespreek!

(R150pp, verversings ingesluit.)

Liefdegroete, Alida