Cosette - Moira Odendaal
Sat May 1, 10:00 - Sat May 1, 11:00
Oase JBay (AGS)
ABOUT
Moira-Ann Seal is in die Oos-Kaap gebore, die tweede kind van vier.Sy was bevoorreg om in die stad sowel as op hul klein melkplasie in Alexandria groot te word.
Van kleins af het sy die wêreld op ‘n eiesoortige manier gesien en ervaar. Koorsang, toneelspeel, stories en gedigte skryf was altyd deel van haar lewe. Skool- en kerkkonserte absolute hoogtepunte, ver verhewe bo sport. Dat haar opstel in die klas voorgelees word was vir haar ‘n groter toekenning as om eerste in haar klas te staan nie. Van haar stories was al in tydskrifte en ook saamgevat in ‘n kortverhaalbundel.
Sy het in haar vroeë dertigs haar geboortestad verruil vir Kaapstad.Daar het sy ‘n huisteater gehad, en nadat sy getroud is met ‘n boer in die Swellendam distrik, ‘n plaasteater. Na sy aftrede verhuis hulle dorp toe, waar sy weer ‘n huisteater begin.
Sy tree op as impresario, spreker, lewensafrigter en is in die algemeen ‘n “dorpdienares”, waarvoor sy in 2026 ere-erkenning van die Dept Kuns- en Kultuur gekry het vir haar bydrae tot Museum- en Erfenissake. Die ATKV tak waarvan sy die voorsitter is ontvang jaarliks toekennings vir uitstaande bydraes wat hulle in die gemeenskap lewer.
Onlangs na aftrede uit die korporatewe wêreld het sy self weer lus gehad vir toneelspeel en het ‘n storie oor ‘n stukkende paspop (dressmaker’s doll) wat sy sowat ‘n dekade gelede geskryf het verander in ‘n eenvroustuk, en dit by haar huisteater opgevoer tesame met ‘n kunsuitstalling wat deur dié einste pop, genaamd Cosette, inspireer is.
Die eenvroustuk en die versameling kunswerke verken die temas van letsels, gebrokenheid en die skoonheid wat in onvolmaaktheid opgesluit lê. Dit herinner ons daaraan dat ons letsels nie iets is om weg te steek nie, maar deel vorm van die verhale wat ons as mense gevorm het.
Die genre is drama, met hier en daar 'n tong-in-die-kies-oomblik wat ligtheid en humor meebring. Cosette is 'n outofiksionele kuns- en teaterwerk waarin persoonlike lewenservarings, verbeelding en fiktiewe vertelling saamvloei.bring.
Cosette is 'n outofiksionele kuns- en teaterwerk waarin persoonlike lewenservarings, verbeelding en fiktiewe vertelling saamvloei.
Die produksie is gerig op 'n volwasse gehoor en is nie uitsluitlik op vroue gemik nie, aangesien die onderliggende tema universeel is.
Sy voel opgewonde om terug te wees in die dorpie waar sy as jongmens verskeie geestelik kampe bygewoon het, en net om die draai van Grahamstown waar sy ook by ‘n kunstefees opgetree het. En nou vir die eerste keer is sy op die planke te sien by KUNSKOORS!