ABOUT
FYNBOSFEETJIES
In Antjie Krog se verse skuil daar in elke soort Kaapse fynbos ’n unieke feetjie. Hierdie verbeeldingswêreld het in samewerking met die illustreerder Fiona Moodie gestalte gekry in die geliefde bundel Fynbosfeetjies. Geïnspireer deur die samespel van woord en beeld, het Katrien Holm Krog se gedigte vir strykkwartet en sopraan getoonset. Die strykkwartet, onder leiding van Johanna Roos bestaan uit Roos en Georgia Wantenaar (viole), Karin Gaertner (altviool) en Barbara Kennedy (tjello). Saam met die sopraan Marina Erasmus bring hulle die fynboswêreld tot lewe. Voorlesings deur die ikoniese akteurs Carel Trichardt en Petru Wessels verleen 'n besondere dimensie aan die program.