Kersfees in Afrika
Sat Dec 12, 18:30 - Sat Dec 12, 20:30
5 Spesery Ave
ABOUT
???? **KERSFEES IN AFRIKA!** ????
Hierdie Desember vier ons Kersfees op ’n eg Afrikaanse manier – onder die sterre, met lekker musiek, goeie kos, familie en hope Kersfeesgees!
Kom geniet ’n heerlike aand saam met ons by ARK Gemeente se **Kerssangdiens**. Ons gaan saam bekende Kersliedere sing, die vreugde van Kersfees vier en sommer net lekker saam kuier.
En dis nog nie al nie! Ons het ook ’n paar ekstra dinge in die mou:
?? Springkastele vir die kinders
?? ’n Gesellige Kerssangdiens met gas-kunstenaar **Carl Kitshoff**
?? Bring jou eie eet- en drinkgoed saam
?? ’n Lekker aand vir die hele gesin!
**Wat moet jy saambring?**
- Jou eie kampstoel of kombers.
- Jou eie eet- en drinkgoed (geen alkohol asseblief nie).
- Die hele familie en natuurlik jou Kersfeesgees!
?? **Datum:** 12 Desember
? **Tyd:** 18:30
?? **Plek:** 5A Speserylaan, Quaggafontein, Bloemfontein
??? **Toegang:** R20 per persoon (Kinders onder 12 jaar GRATIS!)
Kom trek jou gemaklikste klere aan, bring jou mense saam en kom vier die mooiste tyd van die jaar saam met ons!
**Kersfees is beter wanneer ons dit saam vier!** ??