RAAF @ Somerset Wes, Lourensford
Sat Jan 9, 18:00 - Sat Jan 9, 22:00
Lourensford Winery / Tasting Room
ABOUT
RAAF SOMERTOER 2026/2027 | LOURENSFORD ESTATE, SOMERSET-WES
SATERDAG, 9 JANUARIE 2027
Somerset-Wes, ons kom kuier!
Wat is nou lekkerder as 'n warm somersdag op een van die mooiste Wynplase in die Kaap, met 'n glasie wyn in die hand, goeie geselskap en RAAF se musiek wat deur die wingerde weerklink?
Op Saterdag, 9 Januarie, maak ons 'n draai by die pragtige Lourensford Estate vir 'n besonderse buitelugkonsert, en ons nooi julle om sommer 'n hele dag se avontuur daarvan te maak!
Verwag RAAF se kenmerkende mengsel van sielsvervullende musiek, stories wat jou laat lag én dink, 'n bietjie nostalgie en natuurlik hope RAAF-ergie!
MAAK 'N HELE DAG VAN LOURENSFORD!
Lourensford is soveel meer as net 'n wynplaas. Met sy pragtige tuine, verskeie restaurante, markte en kuierplekke is daar sommer hope om te ontdek.
RESTAURANTE & MARKTE: Kom vroeg, verken die landgoed, snuffel deur die markte en bederf jouself met 'n heerlike middagete by een van die restaurante.
DIE RAAF-KONSERT: Ons tree buite op, op die grasperk reg voor die wynproelokaal, in 'n ontspanne piekniekstyl. Dink groen gras, groot bome, die asemrowende Helderbergberge in die agtergrond en 'n someraand vol musiek en wyn.
PAK JOU PIEKNIEK SIT GOED!
Bring jou eie kampstoel of piekniekkombers saam!
(Geen piekniek mandjies met kos of drinkgoed van buite toegelaat)
Daar sal kostrokkies wees en natuurlik baie wyn te koop!
Ons wil hê julle moet gemaklik kom nesskrop op die grasperk, skoene uitskop, 'n glasie wyn geniet en sommer net die aand saam met ons beleef.
Die konsertdeure open om 17:00, so daar is genoeg tyd om jou plekkie te kry, lekker saam te kuier en die laaste bietjie middagson te geniet voordat RAAF om 18:00 begin.
DIE BELANGRIKE INLIGTING
PLEK: Lourensford Estate, Somerset-Wes buite die wynproelokaal
DATUM: Saterdag, 9 Januarie 2027
DEURE OPEN: 17:00 vir samesyn en wyn
RAAF-KONSERT: 18:00
KAARTJIES:
Volwassenes: R300 per persoon
Kinders onder 12 jaar: R200 per persoon
Bring jou familie, vriende, jou piekniekkombers en sommer almal wat lief is vir lekker musiek en 'n goeie glas wyn.
'n Hele dag se avontuur op Lourensford, afgesluit met 'n onvergeetlike RAAF-konsert onder die somerhemel.
Ons sien julle op die grasperk voor die proelokaal!