ABOUT
RAAF SOMERTOER 2026/2027 | STRANDKOMBUIS, YZERFONTEIN
SONDAG, 3 JANUARIE 2027
Yzerfontein, ons skop die nuwe jaar op die lekkerste moontlike manier af!
Wat is nou beter as 'n heerlike Sondagmiddag langs die see, met jou gunstelingmense, 'n glasie wyn in die hand, die vars seebries deur jou hare en natuurlik 'n behoorlike dosis RAAF-ergie?
Ons kuier hierdie keer by die besonderse Strandkombuis in Yzerfontein – 'n unieke venue waar die see, sand en rustieke Weskus-sjarme sommer vanself die perfekte atmosfeer skep.
Verwag RAAF se kenmerkende mengsel van sielsvervullende musiek, stories, lekker lag, nostalgie en natuurlik daardie oomblikke wat jou sommer weer opgewonde maak oor die jaar wat voorlê.
EN DIE BESTE VAN ALLES? DIS 'N SONDAGMIDDAGKONSERT!
Ons weet baie van julle moet Maandag weer terug werk toe, so ons het die vertoning lekker vroeg beplan. Jy kan steeds 'n behoorlike Sondagkuier geniet, die nuwe jaar op 'n hoë noot begin én betyds by die huis wees vir 'n goeie nagrus voor die werksweek afskop!
MAAK SOMMER 'N HELE DAG DAARVAN!
Strandkombuis is werklik 'n ervaring op sy eie, so hoekom nie sommer vroeër kom en die dag behoorlik geniet nie?
RESTAURANT: Strandkombuis se restaurant is oop tot 15:00. Kom vroeg vir 'n heerlike aansitmaaltyd en geniet die unieke Weskus-atmosfeer voordat die konsertgedeelte van die dag begin.
KOS: Daar sal ook kos op die perseel beskikbaar wees om tydens die konsertkuier te bestel.
KONTANTKROEG: Die kroeg sal oop wees vir iets kouds om die somerdors te les.
DIE ATMOSFEER: Dink seesand, vars seelug, 'n oop kuierarea onder 'n palmblaredak, goeie musiek en daardie heerlike gevoel dat die nuwe jaar nog vol moontlikhede lê.
DIE BELANGRIKE INLIGTING
PLEK: Strandkombuis, Yzerfontein
DATUM: Sondag, 3 Januarie 2027
DEURE OPEN: 15:30 vir kosbestellings, samesyn en wyn
RAAF-KONSERT: 17:00
KAARTJIES:
Volwassenes: R320 per persoon
Kinders onder 12 jaar: R200 per persoon
Bring jou familie, jou vriende, jou vakansiegees en sommer almal wat nog nie heeltemal gereed is om die Desembergevoel te laat gaan nie.
'n Nuwe jaar. 'n Vars seebries. 'n Sondagmiddag vol musiek.
Kan 'n mens vir 'n beter begin vra?
Ons sien julle by die see!