RAAF @ Stilbaai, Jongensdal

Tue Dec 29, 19:00 - Tue Dec 29, 22:00

Jongensdal

ABOUT

RAAF SOMERTOER 2026 | JONGENSDAL, STILBAAI

DINSDAG, 29 DESEMBER 2026


Stilbaai, ons kom weer kuier!


Verlede jaar het ons vir die eerste keer besluit om ons jaarlikse RAAF-konsert by Jongensdal na buite te skuif – sommer onder die oop hemel, in egte piekniekstyl!

En wat 'n ongelooflike ervaring was dit nie!


Met die natuurlike helling van die grasperk wat amper soos 'n amfiteater vorm, het ons die perfekte plek ontdek vir 'n Desemberaand vol musiek, stories, wyn en lekker saamwees.

Vanjaar wil ons daardie HELE grasperk vol mense sien!


Ons nooi julle dus weer om die piekniekkomberse uit te haal, die mandjies vol te pak en saam met ons 'n onvergeetlike someraand onder die sterre deur te bring.

Verwag RAAF se sielsvervullende musiek, stories wat jou laat lag én dink, en natuurlik daardie onmiskenbare RAAF-ergie!


PAK JOU PIEKNIEKMANDJIE: Bring jou eie piekniekmandjie, lekker eetgoed en piekniekkombers saam. Kom vroeg, kry vir jou 'n lekker plekkie op die grasperk en maak sommer 'n hele aand daarvan.

RAAFONTUUR-WYN: Ons eie Raafontuur-wyne sal op die perseel te koop wees. Wat is nou lekkerder as 'n glasie Raafontuur onder die Desemberhemel?

KOFFIETROKKIE: Daar sal ook 'n koffiewa beskikbaar wees vir almal wat lus is vir 'n heerlike koppie koffie.

DIE BELANGRIKSTE: Bring jou mense saam! Familie, vriende, die kinders, die bure – almal wat lief is vir goeie musiek en 'n behoorlike somerkuier.


DIE BELANGRIKE INLIGTING


PLEK: Jongensdal, Stilbaai

DATUM: Dinsdag, 29 Desember 2026

DEURE OPEN: 17:00 vir piekniek, samesyn en wyn

RAAF-KONSERT: 19:00


KAARTJIES:


Volwassenes: R280 per persoon

Kinders onder 12 jaar: R200 per persoon


Verlede jaar het ons gesien hoe besonders hierdie buitelugkuier kan wees. Nou wil ons dit nóg groter en nóg lekkerder maak!

Kom help ons om Jongensdal se hele grasperk vol te pak!


Ons sien julle op die piekniekkomberse!

DIRECTIONS

RAAF @ Stilbaai, Jongensdal
Jongensdal
Groot-Jongensfontein, South Africa
Get Directions

DISCOVER