RAAF @ Standford, Walkerbay Estate vir die GESINSDAG-FEES
Sat Dec 26, 15:00 - Sat Dec 26, 19:00
Walker Bay Vineyards and Birkenhead Brewery
ABOUT
RAAF SOMERTOER 2026 | GESINSDAG-FEES
26 DESEMBER 2026 | WALKER BAY VINEYARDS & BIRKENHEAD BREWERY, STANFORD
Wat maak 'n mens op 26 Desember wanneer die Kersfees-kuier nog lank nie verby is nie? Jy pak die hele gesin in en kom vier Gesinsdag saam met RAAF!
Hierdie jaar maak ons behoorlik fees by Walker Bay Estate in Stanford, met 'n heeldag-somerfees propvol musiek, lekker eetgoed, koue drankies, wyn en hope pret vir oud en jonk.
Dis nie net 'n RAAF-konsert nie – dis 'n hele dag se kuier! Daar gaan ander kunstenaars ook optree, met RAAF wat die dag se musiekfees om 15:00 behoorlik gaan laat vlamvat.
WAT WAG VIR JULLE?
MUSIEK: Verskeie kunstenaars deur die dag, met RAAF as hoofvertoning in die pragtige buitelug-amfiteater.
WYN, BIER & SOMERKUIER: Heerlike wyn, bier en yskoue verversings by die buitelugkroeë.
KOS VIR ELKE SMAAK: Bekostigbare markstyl-etes, vars platbrode, gevulde roosterkoek, kinderetes en sommer baie ander lekker eetgoed.
DELI, INKOPIES & AANDENKINGS: Die deli en geskenkwinkel sal oop wees, met RAAF-merchandise, spesiale fees-T-hemde en armbandjies om hierdie somerdag te onthou.
GELUKKIGE TREKKINGS & WEGGEEPRYSE: Daar wag ook lekker verrassings en pryse deur die loop van die dag!
PRET VIR DIE KINDERS: Springkastele, gesigverf, waterspeletjies en hope kinderaktiwiteite om die kleingoed heeldag besig te hou. So onthou om jou swembroek in te pak!
'N BAIE SPESIALE GASKUIER: Die kinders kan ook die pikkewyn-gelukbringer van die Penguin Sanctuary kom ontmoet!
KOM MAAK 'N HELE DAG DAARVAN!
Ons sorg vir volop skaduwee, gemaklike beanbags en verskeie sitplekopsies sodat almal lekker kan ontspan en die dag geniet.
Julle is ook meer as welkom om julle eie kampstoele, sonsambrele en piekniekkomberse saam te bring. Kry vir jou 'n lekker plekkie op die gras, bestel iets te ete, skink 'n glasie wyn en geniet die musiek en die somer!
Onthou om jou sonskerm in te pak! Dis immers Desember in die Overberg, en ons beplan om die hele dag buite fees te vier.
DIE BELANGRIKE INLIGTING
PLEK: Walker Bay Vineyards & Birkenhead Brewery, Stanford
DATUM: Saterdag, 26 Desember 2026
FEESHEKKE OPEN: 11:00
RAAF SE HOOFVERTONING: 15:00
KAARTJIES:
0–4 jaar: GRATIS
5–15 jaar: R200
Bo 15 jaar: R320
Een dag. 'n Hele klomp musiek. Hope wyn. Nog meer pret. En natuurlik daardie onmiskenbare RAAF-ergie!
Bring die hele gesin, nooi die vriende en kom vier die somer saam met ons!
Ons sien julle op die gras!