ABOUT
RAAF IN JEFFREY'S BAAI | UNWIND
Dinsdag, 22 Desember 2026
J-Bay, julle weet mos al! RAAF is terug by Unwind vir ons jaarlikse Desember-kuier!
Dis een van daardie lekker somertradisies waarna ons elke jaar uitsien. Bekende gesigte, nuwe vriende, goeie wyn en natuurlik 'n aand propvol musiek, stories en hope RAAF-ergie!
Kom vroeg, kry vir jou iets lekkers om te drink en geniet die vakansie-atmosfeer voor Lourens en Esté die verhoog oorneem.
18:00 | Deure open vir saamkuier en wyn
20:00 | RAAF-konsert
Kaartjies:
Volwassenes: R300
Kinders onder 12 jaar: R200
Raafontuur-wyne sal ook op die aand by die venue beskikbaar wees om te koop. Kom geniet 'n glasie of neem sommer 'n bottel huis toe!
Ons Desember-kuier by Unwind is altyd 'n spesiale een, so bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
J-Bay, ons sien julle daar!