Dozi JAM - Back our Buddy
Sun Nov 8, 11:00 - Sun Nov 8, 17:00
BTTR
ABOUT
Gee hom sy blomme terwyl hy nog hier is om dit te ruik, die applous te hoor en te weet hoeveel mense hy met sy talent raak
Ons wil hê almal moet hierdie geleentheid beleef as 'n viering, nie as 'n hartseer geleentheid nie. 'n Dag vol musiek, lag, vriendskap, dankbaarheid en teruggee.
In 'n besonderse samekoms van musikante, vriende en kollegas uit die musiekbedryf, gaan van Dozi se bekende vriende die verhoog deel vir 'n onvergeetlike, spontane jamsessie sonder vooraf beplanning! Maak jou gereed vir onverwagse musikale oomblikke, bekende gesigte, puik vermaak en sommer hope verrassings.
Met heerlike kos, drankies, ongelooflike atmosfeer en baie liefde beloof dit om 'n viering soos min te wees.
Maar hierdie dag gaan oor veel meer as net musiek.
Dit gaan daaroor om Dozi se lewe te vier, sy bydrae te eer, erkenning te gee aan al die mense wie se lewens hy deur die jare aangeraak het en, bowenal, om nou daar te wees vir hom, net soos hy al soveel keer vir ander was.
Deur saam met ons te kom feesvier, jou kaartjie te koop en die projek deur middel van BackaBuddy te ondersteun, help jy om 'n werklike verskil te maak in Dozi se pad na sy stembandoperasie en herstel.
Sommige legendes maak nie net musiek nie. Hulle skep herinneringe, raak mense se harte aan en laat 'n blywende indruk op elkeen wat die voorreg gehad het om hul pad te kruis.
En nou is dit ons beurt om ietsie terug te gee.
Gates open at 10:00