Vrouenetwerk - Koffie & Klets | Durbanville

Fri Nov 13, 08:30 - Fri Nov 13, 10:00

Oatlands Cafè

ABOUT

Koffie en Klets is ’n gesellige, informele netwerkgeleentheid waar vroue mekaar persoonlik ontmoet, hul besighede en idees deel en waardevolle nuwe kontakte bou.


Oor ’n koppie koffie leer ons mekaar se passies en ondernemings ken, deel ons kennis en ervarings, en ontdek ons hoe ons mekaar kan ondersteun en besigheid na mekaar se kant toe kan stuur.


Dit is ’n geleentheid om nuwe vroue te ontmoet, verhoudings te bou en saam te groei, sonder die druk van ’n formele netwerkbyeenkoms.


Kom ontdek hoe jy by Vrouenetwerk kan baat en hoe ons by jou kan baat.


Ons verwelkom vroue wat:


  • In die beginfase is, jy het dalk nog net die IDEE.
  • In die groei-fase is, jy stoei nog met die HOE en WAT en WAARHEEN.
  • In die MENTOR-fase is en wil help.


Skakel in by vrouens wat nie net 'n verskil wil maak nie, maar reeds daarmee besig is.

DIRECTIONS

Vrouenetwerk - Koffie & Klets | Durbanville
Oatlands Cafè
6J43+P63 Oatlands Cafè, Vissershok Rd, Durbanville, 7550, South Africa
Get Directions

DISCOVER