FREE OPTIONS

ONS KEN IEMAND || Aanlyn Webinaar reeks || #2

Thu Nov 26, 11:00 - Thu Nov 26, 12:00

Event is online

ABOUT

Vrouenetwerk se Aanlyn Gesprekke | ONS KEN IEMAND! | #2


Jy hou jou oog op jou besigheid. Maar wie kyk na jou oë?


Jy hou jou besigheid aan die gang, maar teen die einde van die dag is jou oë moeg en jou kop seer.

Sluit aan by Elizma van Milligen van VDM Optometrists vir ’n praktiese gesprek oor skermgebruik, ooggesondheid en hoe om beter na jou oë om te sien.


ONS KEN IEMAND!

Jy vra. Ons ken iemand.

Jy hou jou oog op jou besigheid. Maar wie kyk na jou oë?


Nog ’n e-pos. Nog ’n WhatsApp. Nog ’n aanlyn vergadering. Nog ’n uur voor die skerm ...

As sakevrou is jy gewoond daaraan om alles dop te hou. Maar wanneer laas het jy aandag aan jou eie oë gegee?

Ons gesels met Elizma van Milligen, eienaar van VDM Optometrists, oor digitale oogstremming (Computer Vision Syndrome) en hoe ons daaglikse skermgebruik ons oë kan beïnvloed.


Twee vrae wat ons beantwoord:

  1. Ek werk heeldag voor ’n skerm en my oë is saans moeg en droog. Wat kan ek prakties doen?
  2. Ek kry gereeld hoofpyn of sukkel om te fokus. Wanneer moet ek bekommerd raak en my oë laat ondersoek?


Elizma is nie net ’n oogkundige nie, maar ook ’n suksesvolle sakevrou wat VDM Oogkundiges van twee na vier praktyke uitgebou het.

Haar eie ervaring met oogprobleme as kind het haar passie vir oogsorg gevorm. Vandag staan haar praktyke bekend vir professionele kundigheid en ’n besondere hart vir mense.

Sy verstaan dus hoe besig die lewe van ’n sakevrou kan wees én waarom dit belangrik is om ook na jouself om te sien.

Kom kuier saam en kry praktiese antwoorde wat jy in jou daaglikse lewe kan toepas!


Donderdag 26 November 2026

11:00–12:00

Aanlyn

Elizma van Milligen | VDM Optometrists


Vrouenetwerk-lede: GRATIS

Nie-lede: R100

Nog nie deel van Vrouenetwerk nie? Jy kan gratis as lid registreer en hierdie gesprek kosteloos bywoon!

https://www.vrouenetwerk.co.za/#registrasie

Bespreek jou plek. Jou oë verdien ook aandag!


Ontdek. Ontmoet. Ondersteun.