Kweek 'n huwelik met karakter

Fri Nov 20, 18:00 - Sat Nov 21, 13:00

13 Dundalk Ave

ABOUT

Kweek ’n huwelik met karakter – begin hier

Wat as julle huwelik ’n nuwe vlak van wedersydse begrip en intimiteit kan bereik?

Hierdie praktiese seminaar met Louis en Hettie Brittz gaan julle help om mekaar se taal te leer praat, julle kapasiteit vir konneksie uit te bou en selfs die moeilikste gesprekke om nuwe maniere te hê sonder dat een uitstorm of albei woedend word.

Jy gaan geleentheid hê om:

  • Jouself en jou maat se kerneienskappe in Boomsoortterme te ontdek
  • Die positiewe impak van julle verskille te beleef
  • Praktiese tegnieke te oefen om kuier, konflik en konfrontasie beter te hanteer
  • Die mites oor seks en intimiteit met bevrydende waarhede te vervang
  • Sleutels te ontdek om ’n huwelik sonder vrees, skaamte en druk te bou


In hulle kragtige Huwelikstuinmetafoor neem Louis en Hettie julle met humor en eerlikheid na stilhouplekke - ’n tuinhekkie, put, doringbos, tuinbankie, tuinskaakbord, tuinhuisie en tuingraf - en lê die roetekaart uit om van elkeen van hierdie plekke terug te keer na die vreugdevuur in die middelpunt van julle eie huwelikstuin, daar waar julle huwelik vreugdevol en vervullend is.

Ongeag waar in die tuin julle julleself nou bevind, weet dít met sekerheid: Julle huwelik kán jaar na jaar al hoe meer soos Eden word!

Hierdie is nie net nog ’n seminaar nie — dit is ’n praktiese padkaart vir ’n gesonder, sterker huwelik. Julle gaan lag, gesels, by ander paartjies leer en huis toe gaan met duidelikheid oor die volgende tree nader aan julle droomhuwelik.


Bespreek jou plek vandag!


20 & 21 November 2026

Vrydag - 6nm - 9nm

Saterdag - 9vm - 1nm

Ligte etes ingesluit

Enkellopendes ook welkom



DIRECTIONS

Kweek 'n huwelik met karakter
13 Dundalk Ave
13 Dundalk Ave, Parkview, Johannesburg, 2122, South Africa
Get Directions

DISCOVER