Kunskoors - Kunskronkel- 1 Mei 2027

Sat May 1, 09:00 - Sat May 1, 13:00

Diaz Road - Main Beach Jeffreys Bay

ABOUT

Kunskronkel 2027

'n Reis deur Kuns. ’n Belewenis vir die Sintuie.

Ses kunsateljees. Sewe kunstenaars. Een onvergeetlike reis.

Klim in die Kunskoets en ontdek kuns, stories, ’n glasie wyn en iets lekkers by elke besondere stop.


"Six magical studios. Seven artists. One unforgettable journey. Climb aboard a Kunskoets and enter the world of art, where every stop bring a new artist, a new story, a glass of wine and a taste of something delicious."


2027 se Tema / 2027 Theme

The Canvas of the Sea/Die osean as kunsmedium

"No water, no life. No blue, no green."

Toe Sylvia Earle, die wêreldbekende oseanograaf, hierdie woorde uitgespreek het, het sy vir ons 'n ongelooflike kunstenaarsverklaring nagelaat. Die oseaan is soveel meer as net 'n ekosisteem; dit is 'n meesterdoek waarop alle aardse skoonheid geverf word. Elke skakering van blou, groen en wit in die skuim van 'n brander, elke gloeiende kleur in 'n sonsondergang, en elke meesterstuk deur menslike hande geskep, is afhanklik van die lewegewende polsslag van die diepblou oseaan.

Wanneer ons die oseaan beskerm, bewaar ons ook die vorm en kleur van ons wêreld, en verseker ons dat toekomstige geslagte steeds hierdie pragtige werklikheid sal hê om in hul gekose kunsvorm vas te vang.

Al ons kunstenaars in vanjaar se Kunskronkel het hul werke voorberei teen die lewende en kreatiewe agtergrond van die oseaan. Geniet dit saam met ons, en welkom by Kunskronkel 2027.

Hesma Fivaz

Kunstenaar en Kunskronkel Organiseerder



Kunstenaars / Artists 2027

1.Marlene Liebenberg is a self taught sculptor artist,,

she explores the individuality held within the human face -the subtle tension of a brow, the curve of a smile the weight of a gaze. For this exhibition she brings these human forms beneath the surface into a world shaped by water, memory and transformation.

The ocean becomes more than a setting. It becomes a metaphor for the inner world, shifting and often hidden from view. Just as memories rise and disappear beneath the surface, expression can reveal emotions that words cannot always express.

Through the combination of human busts and underwater forms she explores the relationships between what we reveal and what we keep submerged. Coral, shells, flowing forms and marine textures becomes extensions of the figures, suggesting that identity, like the sea is never completely still. Capturing those fleeting human moments and giving them permanence. Beneath the surface the familiar becomes something new a meeting point between the human figure memory and mysterious world within.


2.Yvonne Robinson

A naturalistic illustrator,

working primarily in colour pencils and inks.

Feeling inspired by the ocean on our doorstep, for Kunskronkel 2027….

Grateful to live in “the place of dreaming”, I love capturing the nostalgic surf culture, and the fauna and flora of our coastline: those that “need the sea” for survival and sanity; for pleasure and peace.

Living near the sea has drawn me to illustrate surf themed pictures during the last 20+ years, in between educational book illustrations, and other commissions such as botanicals, South African destinations and pet portraits.


3.Hesma Fivaz - OnderwaterFotograaf

In ’n era waar visuele kommunikasie van kardinale belang is, glo ek dat fotografie ’n kragtige hulpmiddel is om die dringendheid van omgewings- en bewaringskwessies met die gemeenskap te deel. Makro-onderwaterfotografie het my die kuns geleer om stadiger te beweeg en dieper te duik in die wêreld onder my.


In hierdie delikate dans met detail het ek geleer om werklik te sien, met meer as my oë, maar veral met my hart. Elke keer wanneer ek die sluiter druk, is dit’n herinnering aan ons verantwoordelikheid teenoor die oseaan, en aan die subtiele balans wat ons so dikwels miskyk. Duik saam met my in Tick Tock en sien met jou eie oe hoe ons elke dag die oseaan kontamineer en besoedel.


Met die see as my kunsmedium, poog ek vir Kunskoors2027 om die gevolge van besoedeling te vermenslik. My foto's gee 'n blik op oseaanbesoedeling en die wonde wat dit op mariene lewe laat. 'n Uitnodiging om bewustheid en empatie te deel. My fotografie word 'n brug tussen die vreugde van ontdekking en die werklikheid van ons roekeloosheid.


4.Erna Coleman- Skilder

Die see was nog altyd my grootste bron van inspirasie. Die sagte rol van golwe op n stil dag en die ontstuimige braders wat op rotse en sand slaan het elk hul eie bekoring. Vir my is dit die grootste uitdaging om die beweging te prober vasvang in n sklidery. Die weerkaatsing van die lig op die water en hoe die kleur van die water verander na aanduiding van weers omstandighede en die tyd van die dag. Ek het die grootste respek vir die mag van die oseaan. Die see is tog die Aarde se grootse bron van reenwater en suurstof. Om te dink dat n klein bacterium in die see verantwoordelik is vir elke vyfde asem wat ons neem is amper ongelooflik.Dit is ons opdrag van ons Skepper om die aarde te bewaar en sonder die oseane sal ons aarde verander in n droe rots.Ek gebruik graag die see as verwysings vir my skilderye. My medium keuse is olie en akriel op doek en op bord alhoewel ek ook sagte pastelle en water verf gebruik.


5.Malitza Nel is ‘n plaaslike juweelontwerper en vervaardiger.

Malitza behaal haar B. Tech graad in juweelontwerp en vervaardiging aan die Technikon van Pretoria en beoefen haar beroep sedert 1998 onder die naam Malitza Juwellery en gee ook vir agt klas in juweelontwerp en vervaardiging aan die Technikon van die Witwatersrand. As student en juwelier behaal sy vier maal toekennings van die Juweliersvereniging van Suid-Afrika (JASA) vir reeksontwerpe. Sy word ook by twee geleenthede vereer met die Shining Light toekenning van die de Beers Groep vir haar ontwerpe en vervaardiging. In 2008 verhuis sy na Jeffreysbaai en sit haar beroep hier voort. Malitza ontwerp en vervaardig unieke juwele uit edelstene en is veral lief vir perels.As voortsetting van haar tekstielontwerp belangstelling en onderrig, neem sy haar inspirasie van teksture, onder andere, skulpe, koraal en visse.


6.Martin Bakker – Skilder.

My liefde vir die oseaan was nog altyd met my. Skilderye wat by ons tuis gehang het as kind en toe ek surfing ontdek het, was en is my inspirasie tot vandag toe. Die oseaan het my persoonlik gevorm. Ek wys my waardering vir die oseaan deur kuns ,en om die mens bewus te maak van die see se skatte.


7.Textile artists of Kouga / Jeffrey's bay

“WHISPERS OF THE OCEAN”


We are a group of textile artists bound by a deep love for fibre, fabric and the endless possibilities held within them.


For us, textiles are more than materials. They are tactile, enduring and deeply connected to memory. They carry traces of the hands that made, wore, touched and treasured them. We are drawn to their softness and strength, their imperfections and their histories.


Living beside the ocean, we are surrounded by its ever-changing presence. It is our landscape, our sanctuary and our constant companion. We experience it differently - as movement and stillness, power and fragility, rhythm and silence and it evokes memories, emotions and stories.


In “Whispers of the Ocean”, each artist responds to the ocean through her own creative language. Through stitching, weaving, layering, knotting, embroidery, embellishment and the transformation of found and repurposed textiles, we explore what the ocean means to us. Together, our works form a conversation between textile and tide, memory and material, fragility and endurance.


We invite you to look closely, to touch with your eyes, and to listen beyond the surface.

Perhaps, within the layers of cloth and fibre, you will hear your own whisper of the ocean.



KUNSKRONKEL TEKSTIELKUNS GROEP - “Fluisteringe van die Oseaan”


Ons is ‘n groep tekstielkunstenaars wat gebind is deur ‘n liefde vir tekstiel en lap en die onbeperkte moontlikhede wat dit bied.

Vir ons is tekstiel veel meer as net lap of materiaal. Dit is tasbaar, duursaam en verbind aan ons geheue. Tekstiel dra kenmerke van die hande wat dit gemaak, gedra , aangeraak en vertroetel het. Ons vind aanklank by die sagtheid en sterkte daarvan, asook die onvolmaaktheid en die geskiedenis daarin opgeneem.


Ons leef langs die see en is omring deur sy immer veranderende teenwoordigheid. Dit is ons landskap, ons toevlugsoord en ons konstante kameraad. Ons ervaar die see verskillend: as beweging maar ook as stilheid, ‘n krag en tog weerloos, ritmies maar tog stil. Dit alles ontketen emosies, herinneringe en stories.


In “Fluisteringe van die Oseaan” reageer elke kunstenaar op ‘n unieke manier deur middel van haar eie kreatiewe taal. Met behulp van stikwerk, weefwerk, verskeie lae van tekstiele, borduurwerk en die verandering van gevonde en hergebruikte materiaal, ontdek ons wat die oseaan vir elkeen beteken. Gesamentlik vorm ons werke ‘n gesprek tussen tekstiel en gety, en tussen weerloosheid en iets wat blywend is.


Ons nooi die kyker om noukeurig te kyk met jou oë, en dan dieper te luister as die tekstieloppervlak.


Tussen die lae van lap en tekstiel sal jy hopelik jou eie fluisteringe van die oseaan hoor en ervaar.









.



DIRECTIONS

Kunskoors - Kunskronkel- 1 Mei 2027
Diaz Road - Main Beach Jeffreys Bay
Get Directions