ONTDEK GOD IN JOU BOKSIE

Sat Nov 28, 07:00 - Sat Nov 28, 17:30

Misty Valley Farm

ABOUT

ONTDEK GOD IN JOU BOKSIE


Jou lewe in God se hand


Die lewe is ’n besige affêre. Daar gebeur soveel dinge, en namate ons lewenspad ontvou, versamel ons allerlei dinge langs die pad. Sommige daarvan is kosbaar en verryk ons menswees, terwyl ander ’n swaar las word wat ons soms onbewustelik met ons saamdra.


Tydens hierdie eendagkonferensie gesels ons juis hieroor – oor jou lewe, jou lewensreis en alles wat jy mettertyd in jou boksie versamel het. Ons ontdek saam waarom dit so belangrik is om God in jou boksie toe te laat, ruimte vir sy teenwoordigheid te skep en jou hart al hoe wyer vir sy Koninkryk oop te maak.


???? LET WEL: Hierdie eendagkonferensie is vir BEIDE MANS EN DAMES.


  • Vier inspirerende lesings wat jou hart sal aanraak en jou lewe sal verryk.
  • Geesvervulde lofprysing en aanbidding,
  • Heerlike verversings en middagete,
  • ’n Notaboekie,
  • ’n Spesiale geskenkpakkie en nog soveel meer.


Dit alles in ’n besondere omgewing waar jy hartlik verwelkom word, tuis kan voel en weet dat jy waardevol is.


Kom ontdek opnuut wat gebeur wanneer jy jou lewe in God se hand plaas.


DIRECTIONS

ONTDEK GOD IN JOU BOKSIE
Misty Valley Farm
R328, Brandwacht, 6506, South Africa
Get Directions

DISCOVER