Family friendly

Balfour Hooidag 2027

Wed Jan 20, 08:00 - Wed Jan 20, 16:00

Vlakfontein (R23, 5km Buite Balfour)

ABOUT

BALFOUR HOOIDAG 2027

Veld tot fees!

Hooidag is terug! Maak gereed vir nóg ’n dag vol boeregees, hooimasjinerie en egte plattelandse gasvryheid.

Die Balfour Hooidag 2027 vind plaas op 20 Januarie 2027 en bring boere, uitstallers, gesinne en die plaaslike gemeenskap bymekaar vir ’n dag waar tegnologie, kennis en tradisie hande vat.


Hoofspreker

Dawie Roodt – Ekonoom, Efficient Wealth

Kom luister na Dawie Roodt se ekonomiese insigte en perspektief op faktore wat Suid-Afrika en die landboubedryf raak.


Wat om te verwag

  • Demonstrasies van die nuutste hooimasjinerie
  • Insiggewende sprekers en praktiese kennis
  • Uitstallers uit die landbousektor
  • Stalletjies met plaaslike handgemaakte produkte, kunsvlyt en unieke skeppings deur plaaslike entrepreneurs
  • Ondersteuning aan die plaaslike gemeenskap en klein ondernemings
  • Heerlike kosstalletjies en egte boerekos
  • Kuiergeleenthede vir die hele gesin
  • Musiek, pret en ’n atmosfeer vol ware boeregees


Kaartjies

R150 per persoon

Elke kaartjie sluit ’n gratis ete in.

Kinders onder 12 jaar: Gratis


Datum en program

Datum: 20 Januarie 2027

Hekke open: 08:00

Sprekers begin: 09:00

Demonstrasies begin: 10:00


Ligging

R23, 5 km buite Balfour, in die rigting van Heidelberg.

Die Balfour Boerevereniging bied die Balfour Hooidag 2027 met trots aan, in samewerking met AFGRI.


Bring jou mense, ondersteun plaaslike talent en kom beleef ’n dag vol kennis, kuier en egte boeregees!


BALFOUR HOOIDAG 2027

20 Januarie 2027 | Veld tot fees!

DIRECTIONS

Balfour Hooidag 2027
Vlakfontein (R23, 5km Buite Balfour)
9G6P+J4 Balfour, South Africa
Get Directions

DISCOVER