Krismis met Crescendo
Sat Nov 28, 19:00 - Sat Nov 28, 21:00
Sonnekus Gemeente
ABOUT
’n Spesiale Kerskonsert by Sonnekus Gemeente
Musiekliefhebbers kan uitsien na ’n besondere Kerskonsert op Saterdag 28 November om 19:00 by Sonnekus Gemeente in Milnerton. Die konsert bring ’n groep talentvolle kunstenaars byeen, met William Jacobs as musikale regisseur en Gracia Louw as seremoniemeester.
Die kunstenaars op die verhoog is Lynelle Kenned, Deon Meiring, Olga Leonard, Babette Viljoen, Selby Williams, Tamryn Paulse en Mark Pekeur. Die program bied ’n heerlike mengsel van oorspronklike musiek deur die kunstenaars, geliefde kersliedere en ’n geleentheid vir die gehoor om lekker saam te sing. Dit beloof om ’n feestelike aand vol musiek, talent en Kersgees te wees.
Ligte verversings en iets te drinke sal voor die konsert te koop wees.