Molen Kórus Kersfees Ekstravaganza
Sat Nov 7, 17:30 - Sat Nov 7, 19:00
Nederduitse Gereformeerde Kerk
ABOUT
??Molen Kórus Kersfees Ekstravaganza ??
Kom vier die feestyd saam met Molen Kórus tydens ’n heerlike Kersfees Ekstravaganza op 7 November om 17:30 by die NG Kerk Moedergemeente, langs die N12 in Potchefstroom [H/v Nelson Mandela & Beyers Naude ]. Geniet pragtige koorkersmusiek en ’n feestelike verskeidenheid van ander musikale items en genres. Van geliefde Kersliedere tot verrassende musikale oomblikke – daar is iets vir elke smaak en elke ouderdom. Bring jou familie en vriende en kom deel in die vreugde, warmte en magie van Kersfees met mooi musiek en goeie geselskap. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Quicket en ook by die deure. R100pp en R50 vir kinders o/12, studente en pensionarisse. ’n Viering om die Kersseisoen op ’n besonderse noot te begin!