RAAF @ Malmesbury, Rheeboksfontein
Sun Dec 6, 16:00 - Sun Dec 6, 19:00
Rheeboksfontein
ABOUT
RAAF LIVE BY RHEEBOKSFONTEIN | MALMESBURY
Kom skop die Desemberseisoen saam met RAAF af met ’n onvergeetlike sonsondergangkonsert by die pragtige Rheeboksfontein Venue in Malmesbury!
Dink aan ’n heerlike, ontspanne somersmiddag langs die water, asemrowende uitsigte, goeie musiek, lekker kos en natuurlik ’n glasie Raafontuur-wyn in die hand!
Bring die hele familie, pak jou kampstoel en piekniekkombers in en kom geniet die feestelike atmosfeer terwyl die son stadig sak en Esté en Lourens Raaf die verhoog oorneem met hulle ikoniese RAAF-vertoning.
Daar sal ’n verskeidenheid koswaentjies wees om van te kies, ’n kroeg, Raafontuur-wyn wat te koop sal wees en natuurlik Aperol wat ook deel is van die feestelikheid!
DATUM & TYD
Sondag 6 Desember 2026
14:00 – Deure open vir kos, wyn en lekker kuier
16:00 – RAAF-konsert
KAARTJIES
R300 per persoon
R150 vir kinders onder 12 jaar
Raafontuur-wynproe ingesluit by jou kaartjie!
BELANGRIKE INLIGTING
- Bring jou eie kampstoel of piekniekkombers saam. 'n Sonsambreel kan ook goed wees.
- Geen eie kos of alkohol word toegelaat nie.
- Koswaentjies, Raafontuur-wyn en ’n kroeg sal beskikbaar wees.
- Slegs kaartbetalings. Geen kontant word aanvaar nie.
- Die hele familie is welkom!
- As jy braaf is pak jou swembroek in en koel af in die bergwater dam.
KAARTJIES BESKIKBAAR OP QUICKET of direk by Rése: +27 76 083 5994.
Buitelig, goeie wyn, lekker mense en RAAF se musiek onder die son. Die perfekte manier om Desember af te skop!
Ons sien julle daar!