'n Dieper vlak van intimiteit in jou huwelik - Dr. Marlena du Toit
Sat Oct 24, 09:00 - Sun Oct 25, 13:30
George-Bergsig Gemeente
ABOUT
'n Dieper vlak van intimiteit in jou huwelik
Dr. Marlena du Toit is 'n ginekoloog wat al vir jare paartjies in Suid-Afrika help om intimiteit met nuwe oë te sien. Met haar mediese kennis, deernis en eerlike benadering skep sy 'n veilige ruimte waar vrae gevra mag word en huwelike kan groei. Hierdie kursus gaan oor meer as net die fisiese: dit gaan oor verbinding, verstaan en saam groei, sodat jy en jou lewensmaat nader aan mekaar kan beweeg.
Plek: George-Bergsig Gemeente
Koste: R100 per paartjie
Saterdag 24 Okt.
- 09:00 tot 10:30: Wat jou vrou wens jy geweet het (slegs mans)
- 11:00 tot 12:30: Wat jou man wens jy geweet het (slegs vrouens)
Sondag 25 Okt.
- 11:30 tot 13:00: Saam op pad na dieper intimiteit (mans en vrouens). Kinderoppasdiens is vir hierdie sessie beskikbaar.
Inskrywings via Quicket sluit op 22 Okt. Plek is beperk, so skryf gou in!