Uurpan Liggiefees 2026
Sat Dec 12, 17:00 - Sun Dec 13, 23:59
Uurpan Safari Lodge
ABOUT
Kom kuier saam onder die liggies!
Maak 12 & 13 Desember 2026 ’n plekkie op jou kalender vir Uurpan se Liggiefees. Bring jou familie en vriende vir lekker kos, musiek, stalletjies en ’n aand vol Kersfeesliggies.
Hoe laat begin alles?
Hekke open om 17:00, die liggies word om 18:30 aangeskakel en die sanger se optrede begin om 19:00. Daarna kuier ons tot laat!
Uurpan is reeds van 07:00 af oop soos normaal, so julle is welkom om vroeër te kom en die dag by ons deur te bring. Meer besonderhede oor die kinderaktiwiteite en pryse volg.
Toegang per aand
• Volwassenes en hoërskoolleerders: R65
• Laerskoolkinders: R35
• Voorskoolkinders onder 6: Gratis
Bestel jou platter vooraf
Kies ’n platter om met jou mense te deel en bestel dit saam met jou kaartjies:
• Uurpan Platter — 2 persone: R250
• Uurpan Basket — 2 persone: R270
• Cheese Platter — 2–4 persone: R500
• Rustic Feast Platter — 3–4 persone: R550
• Half Snack Platter — 6 persone: R850
• Full Snack Platter — 12 persone: R1 700
Pryse is per platter. Toegang word apart bespreek. Kies asseblief dieselfde datum vir jou platter en toegangskaartjies.
Daar sal ook verskeie kosstalletjies, uitstallers, drankopsies en ’n photobooth wees om die aand nog lekkerder te maak.
Onthou asseblief
• Geen eie koelerbokse word toegelaat nie.
• Tafels en stoele is beskikbaar. Jy is welkom om jou eie kampstoel saam te bring indien jy verkies.
• Besonderhede en pryse vir kinderaktiwiteite word apart aangekondig.
Ons sien uit om saam met julle onder die liggies te kuier!