Family friendly

DOEP IS NIE DOOD NIE - IN KERSFEESTYD

Sat Nov 14, 17:30 - Sat Nov 14, 21:00

Die Pienk Kerk

ABOUT

DOEP IS NIE DOOD NIE - IN KERSFEESTYD

Koos du Plessis (10 Mei 1945 – 15 Januarie 1984)


Jannie du Toit – sang en kitaar

Susan Mouton – tjello

Chanie Jonker – klavier en akkordeon


R400 | 2 X COURSE MEAL | ** OWN WINE


In hierdie program kombineer Jannie Koos du Plessis se onsterflike liedjies met dié digter-sanger – die doyen van ons kleinkuns - se gedigte en tekste. Die program sluit sowel Koos se bekende liedjies as van sy minder bekende werk in, en vorm sodoende 'n tapisserie wat die ongelooflike omvang van sy oeuvre weerspieël. Koos het natuurlik ook die gewildste en treffendste Afrikaanse kerslied geskryf, waartoe Jannie met ‘n laaste strofe bygedra het. So gaan die program soomloos oor na die laaste gedeelte wat aansluit by die kersseisoen.


Somerkersfees en ander Kersliedere in verskillende tale vorm die laaste deel van die van die program.

Nou in 2026, twee en veertig jaar na sy afsterwe, is dit opnuut duidelik hoe lewend en relevant Koos Doep se siening van die wêreld en die lewe steeds is - hoe treffend sy liedkuns. Jannie, ’n persoonlike vriend van Koos, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef.


“As dit gedaan is en verby

die aarde weer sy erfdeel kry

sal hierdie kluisenaar in my

nog iewers in ’n boekrak bly”



DOEP IS NIE DOOD NIE - IN KERSFEESTYD

Jannie du Toit – vocals and guitar

Susan Mouton – cello

Chanie Jonker – piano and accordion


In this performance, Jannie combines Koos du Plessis’s immortal songs with a selection of the late singer-songwriters’s poems and texts. It features both Koos’s well-known songs and some of his lesser-known work, creating a tapestry representing the unbelievable scope of his oeuvre. Koos also wrote the most popular and poignant Afrikaans Christmas carol, to which Jannie contributed a final verse. Thus, the programme transitions seamlessly into the concluding section, which embraces the Christmas season. Koos Doep’s "Somerkersfees" (Summer Christmas) and other Christmas carols in various languages ??form the final part of the programme.



Now in 2026, forty-two years after his passing, it is once again clear just how alive and relevant Koos Doep’s view of the world and life remains—and how striking his songwriting is. Jannie, a personal friend of Koos, continues his work of keeping Koos’s music alive for the next generation.


“When all is done and past

and earth reclaims it’s due

this hermit within me

will remain somewhere on a bookshelf”

Koos du Plessis (10 May 1945 – 15 January 1984)


DIRECTIONS

DOEP IS NIE DOOD NIE - IN KERSFEESTYD
Die Pienk Kerk
24 Chatou Rd, Richmond, Johannesburg, 2109, South Africa
Get Directions