HARTklop Skole Aanbiddings-aand
Fri Oct 16, 18:30 - Fri Oct 16, 20:00
7 Gardenia Ave
ABOUT
HARTKLOP AANBIDDINGSAAND
Een hartklop. Alles vir Jesus.
'n Aand van Aanbidding, Gebed & Gemeenskap
Hartklop Aanbiddingsaand is meer as net 'n geleentheid — dis 'n kans vir harte om saam te kom in aanbidding, gebed en gemeenskap, alles tot eer van Jesus.
Hierdie aand word deur Holy Hits Different, in samewerking met Laerskool Roodekrans, aangebied met die doel om mense van die gemeenskap saam te bring in Sy teenwoordigheid. Of jy 'n leerder, ouer, deel van die plaaslike gemeenskap is, of bloot 'n hart het om saam te aanbid — JY IS WELKOM!
Alhoewel die geleentheid in 'n skoolsaal aangebied word, is dit nie net vir die skool se leerders nie. Almal is welkom om saam met ons 'n besondere aand van aanbidding, gebed, konneksie en gemeenskap te beleef.
Kom net soos jy is, bring 'n vriend saam, en kom laat ons Jesus se Naam saam grootmaak!
GEBEURTENISINLIGTING
- Toegang: GRATIS
- Besprekings: Bespreek asseblief jou GRATIS kaartjie op Quicket sodat ons behoorlik vir die aand kan beplan en voorberei.
- "SNOEPIE": Die skool se snoepie sal oop wees.
Ons sien uit daarna om saam met jou bymekaar te kom!
Created to worship the Creator.
Holy Hits Different