GIAN GROEN in Nelspruit
Thu Nov 19, 18:00 - Thu Nov 19, 21:30
Spoonful Cafe
ABOUT
Dit is met trots dat Music Experience & Spoonful kan aankondig dat GIAN GROEN in Nelspruit kom optree!
Gian word ook vergesel deur kitaar-virtuoos ILLIMAR NEITZ, vir 'n besonderse aand van binnekring blues & ballades!
Die vertoning vind plaas op Donderdag 19 November by die nuwe venue by 23 Hendrik Potgieter straat.
Ons is almal opgewonde om hierdie duo te hoor hul bekendste liedjies "4 Seisoene Kind", "Als Is Net Lekker", "Sonkring" en nog vele meer vir ons te speel!
Kaartjies is beperk tot net 100, so spring vinnig om nie hierdie intieme geleentheid te mis nie!
Deure maak 18:00 oop en die vertoning sal teen laatste 21:30 eindig, ons besef dit is 'n Donderdagaand...
https://www.youtube.com/channel/UCoKbFFaacvmG5xbHOzIVKiA
https://open.spotify.com/artist/1AUYjVNNS9NRuu6wHeXSqg
https://music.apple.com/za/artist/gian-groen/340382293
https://www.giangroen.co.za/
Gian Groen het sy musiekloopbaan in 2000 begin as voorsanger en liedjieskrywer van die legendariese rockgroep Spinnekop.
Ná twee jaar het die groeplede geleidelik hul eie paaie begin volg, waarna Gian hom op sy sololoopbaan toegespits het.
In 2002 nader Laurika Rauch hom met die versoek om sy liedjie “Vier Seisoene Kind” op te neem. Wat daarop gevolg het, was die begin van ’n besonderse hoofstuk in die geskiedenis van Afrikaanse musiek. Die liedjie sou oor die jare heen een van die mees heropgeneemde liedjies in Afrikaans word.
Gian is intussen as Geraas se Nuweling van die Jaar genomineer, en het al hoe meer na vore getree as een van Suid-Afrika se voorste liedjieskrywers.
Ses-en-twintig jaar later staan daar ’n indrukwekkende katalogus van nege albums agter sy naam.
Hoewel Gian vrylik tussen verskillende musikale genres beweeg, was daar nog altyd ’n kenmerkende blues-ondertoon in sy klank. Sy liedjies word gekenmerk deur eerlike, deurleefde lirieke wat dikwels uit persoonlike ervarings spruit. Dit is liedjies wat nie bloot vermaak nie, maar mense se harte aanraak, tot nadenke stem en ’n blywende indruk laat.
Deesdae tree Gian selde saam met ’n volledige orkes op. Hy verkies dikwels die meer intieme formaat waarin sy lirieke, kitaarspel en stories die ruimte kry om werklik tot hul reg te kom. Hy deel gereeld die verhoog met die hoogs bekwame kitaarspeler Illimar Neitz, asook met mede-musikante en tydgenote soos Jan Blohm, Herman Kleinhans en Pietman Geldenhuys.
Gian Groen is ’n liedjieskrywer wat nie bloot liedjies skryf nie, maar stories vertel — eerlik, sonder pretensie en met ’n onmiskenbare blues-siel.