No under 13s

Rooi die Verhoogstuk

Fri Oct 30, 18:30 - Fri Oct 30, 21:00

Bergbos Avenue & Witstinkhout Avenue

ABOUT

ROOI is ’n aangrypende Afrikaanse verhoogproduksie wat drama en oorspronklike musiek verweef in ’n vars, kreatiewe herverbeelding van een van die mees fassinerende vrouefigure in die Bybel: Ragab. Die produksie neem historiese gegewens as vertrekpunt, maar durf dit aan om die stiltes tussen die tekslyne met verbeelding, emosie en menslikheid te vul.


Die rol van Ragab word vertolk deur die bekroonde aktrise en televisie-persoonlikheid Jennifer Myburgh. Saam met haar op die verhoog is mede-spelers en musikante Zander van der Westhuizen (skrywer en regisseur), Lizelle le Roux en Heini Berner. ROOI is ’n intieme, stylvolle produksie wat sterk fokus op storievertelling, atmosfeer en emosionele resonansie – ’n verhoogstuk wat gehore nooi om stadig te kyk, diep te luister en nuut te dink oor ’n bekende verhaal wat steeds verrassend relevant bly.



Hoofrol as Ragab: Jennifer Myburgh

Geskryf deur: Zander van der Westhuizen

Musikante: Heini Berner, Lizelle Le Roux, Zander van der Westhuizen


Kos sal verkoop word die aand van die optrede soos volg:

Kerrie & Rys - R45

Vetkoek & Mince - R35

Chicken Mayo Vetkoek - R35

Hoenderslaai - R55

Pannekoek - R7 elk

Koffie & Koeldrank sal ook beskibaar wees

DIRECTIONS

Rooi die Verhoogstuk
Bergbos Avenue & Witstinkhout Avenue
Bergbos Ave & Witstinkhout Ave, Protea Park, Rustenburg, 2999, South Africa
Get Directions

DISCOVER