FREE OPTIONS

Coenie de Villiers in Konsert

Sat Feb 17, 19:30 - Sat Feb 17, 20:30

Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn - Kerkgebou

ABOUT

Coenie de Villiers is bekend as een van Suid-Afrika se beste liedjieskrywers en verhoogkunstenaars. Sy liedere is bekend en bemind in die gemeenskap en hy is ook ‘n populêre en geliefde TV aanbieder.
Coenie het reeds 20 albums van sy eie werk bekend gestel, dwars oor die wêreld opgetree en by verskeie geleenthede die verhoog met ander suksesvolle kunstenaars soos Laurika Rauch, David Kramer, Lucas Maree, Karen Zoid en Die Heuwels Fantasties gedeel.
Coenie se toekennings vir musiek en skryfkuns sluit onder andere drie SAMA toekennings, twee VONK toekennings, en in 2009, die Eeufeesmedalje van die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot die kunste.
Coenie op die verhoog by die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn – moet dit nie misloop nie!

DIRECTIONS

Coenie de Villiers in Konsert
Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn - Kerkgebou
174 Duxbury Rd, Hillcrest, Pretoria, 0083, South Africa
Get Directions