Volmaanpiekniek | Full Moon Picnic
Sat Oct 24, 17:00 - Sat Mar 20, 22:00
Afrikaanse Taalmonument
ABOUT
Dié gewilde pieknieks lok plaaslike inwoners en toeriste wat onvergeetlike aande ervaar danksy die asemrowende sonsondergang, maanopkoms, natuurskoon en panoramiese uitsig oor berge, valleie en Kaapse Skiereiland. Gaste is welkom om enige tyd tussen 17:00 en 22:00 te kom ontspan en piekniek hou terwyl hulle ook die monument – ’n unieke beeldhouwerk met ryk simboliek – van naderby besigtig. ’n Gratis begeleide toer wat die betekenis en ontwerp van die monument belig, begin om 18:30. Daarbenewens kan besoekers die uitstallings en omgewing verken, en kinders kan hulle gate uit geniet in die speelparke en met buitelug-speletjies.
Gaste is welkom om hul eie spys en drank te bring (geen glas, asseblief). Onthou ook warm klere en ’n flitslig om die aand voluit te geniet. Gratis, veilige parkering is beskikbaar. Die piekniekreeks ondersteun die ATM se geletterdheidsprojek ‘Laat ons Lees!’, wat daarop gemik is om kinders aan die vreugde van lees bloot te stel. Piekniekgangers word hartlik versoek om nuwe of tweedehandse kinderboeke te skenk.
Toegang is slegs:
• R40 vir volwassenes
• R10 vir SA studente, pensioenarisse en kinders 18 en jonger
• GRATIS vir kinders onder 6 jaar asook jaarpermithouers
Kaartjies is beskikbaar by quicket.co.za of die hek. Meer oor die Sentrum vir Astronomiese Erfenis by cfah.org.za/fullmoon. Die volgende Volmaanpieknieks is op 27 November (Melk), 22 Januarie 2027 (Bidsprinkaanmaan), 20 Februarie (Dassiemaan) en 20 Maart (Oesmaan).
__
These popular picnics attract locals and tourists alike who enjoy unforgettable evenings thanks to the breathtaking sunset, moonrise, natural beauty and panoramic views over mountains, valleys and the Cape Peninsula. Guests are welcome to relax and picnic at any time between 17:00 and 22:00 while also exploring the monument – a unique sculpture rich in symbolism. A free guided tour, explaining the meaning and design of the monument, starts at 18:30. Visitors can also explore the exhibitions and surroundings, while children can have loads of fun in the playgrounds and with the outdoor games.
Guests are welcome to bring their own food and drinks (no glass, please). Also remember warm clothing and a torch to enjoy the evening to the fullest. Free, safe parking is available. The picnic series supports the ATM’s literacy project ‘Let’s Read!’, which aims to introduce children to the joy of reading. Picnickers are warmly encouraged to donate new or second-hand children’s books.
Tickets are only
• R40 per adult
• R10 for SA students, pensioners and children 18 and younger
• FREE for children under 6 years as well as annual permit holders
They are available at quicket.co.za or the gate. More on the Centre for Astronomical Heritage at cfah.org.za/fullmoon. The next Full Moon Picnics are on 27 November (Milk), 22 January 2026 (Praying Mantis), 20 February (Dassie) and 20 March (Harvest)