Valentyns Piekniek met Ray Dylan

Thu Feb 14, 17:30 - Thu Feb 14, 22:30

Linton Park Wine Estate

ABOUT

Kom geniet 'n romantiese piekniek op Valentynsdag by Linton Park Wynlandgoed, waar plaaslike kunstenaars en dan die aller bekende RAY DYLAN, jou en jou geliefde gaan vermaak met romantiese liedere terwyl die son in die agtergrond oor die mooi Wellington landskap sak.

Dié sanger is ‘n volronde kunstenaar: geseën met een van die beste stemme in Suid-Afrikaanse musiek, stylveelsydig en boonop ‘n energieke performer wat die elektriese kitaar tydens sy optredes laat kreun. Met polsende ritmeplukkers en sielstrelende ballades bied Ray wydtreffende musiek.


Hekke open al 17h30 met plaaslike kunstenaars wat vanaf 18h30 begin optree. Optrede van RAY DYLAN begin om 19h45.

R120 per persoon - eie piekniek mandjies welkom.

Piekniek Pakket:

R600 – Toegang vir 2 persone plus volledige piekniek mandjie vir 2. Sluit in ‘n bottel Rhino wyn van jou keuse, ‘n donasie aan StreetSmart asook 10% afslag op alle wynaankope op die aand!

GEEN eie alkoholiese produkte toegelaat. Wyn, bier en koeldranke te koop op die perseel. Wynglase (R20 deposito) en ys beskikbaar. Kaart-fasiliteite beskikbaar.

BEPERKTE KAARTJIES BESKIKBAAR!

Vir meer inligting, kontak asb vir Susan Kits op 021 873 1625 or [email protected].

DIRECTIONS

Valentyns Piekniek met Ray Dylan
Linton Park Wine Estate
Slangrivier Rd, Wellington, South Africa
Get Directions