Family friendly

Roodie Kultuuraand

Mon Sep 21, 17:30 - Mon Sep 21, 21:00

AGS Krugersdorp-Noordkampus | Plek Van Hoop

ABOUT

ROODIE KULTUURAAND– ’n Viering van Talent en Drome!


Kom geniet ’n besonderse aand vol drama, musiek en woordkuns tydens ons kultuurgeleentheid (in samewerking met L/s Dr Havinga en L/s Protearif).


Die aand bied ’n verskeidenheid optredes deur ons skool (en ander skole) se toneelgroepe, kore en spreekkoor met talentvolle leerders wat hul harte op die verhoog sit.


Hierdie geleentheid word aangebied ten bate van ons skool se twee dramagroepe, wat die ongelooflike geleentheid gekry het om na Kaapstad te reis om aan die ATKV Tjokkertoneelfees-finaal deel te neem.


Alle inkomste van die geleentheid sal aangewend word om die leerders se reiskoste te help dek. Deur die geleentheid by te woon, ondersteun u nie net ’n aand van kultuur en talent nie, maar help u ook om ’n droom vir ons jong akteurs ’n werklikheid te maak.


Kom ondersteun ons leerders, geniet ’n aand van uitmuntende kultuur en help ons om hulle Kaap toe te stuur!


Datum: 21 September 2026

Tyd: 17:00 vir 17:30 (Ouditorium deure open 17:00)

Plek: AGS Krugersdorp-Noordkampus, op Robert Broomrylaan, langs Curro Hoërskool.

Kaartjies: R85 per persoon


Kos- en verversingstalletjies sal voor, tydens pouse en na die geleentheid beskikbaar wees.


Elke kaartjie maak ’n verskil – elke ondersteuner bring ons ’n tree nader aan die verhoog in Kaapstad!


DIRECTIONS

Roodie Kultuuraand
AGS Krugersdorp-Noordkampus | Plek Van Hoop
2 Bush Road, Paardeplaats St, Paardeplaats 177 IQ, Krugersdorp, 1739, South Africa
Get Directions

DISCOVER