Durbanville: Oktober

Fri Oct 9, 09:00 - Fri Oct 9, 11:00

Durbanville Hills Winery

ABOUT

Kom vind inspirasie en netwerk saam met ons gassprekers tydens Oktober se Vrouenetwerkgeleentheid.


Dr Mel van Rooy beskryf haarself graag as ’n “unicorn”: iemand wat kreatiewe denke met ’n sterk analitiese inslag kombineer.

Met ’n PhD in Ekonometrie en n MBA, vier dekades se ervaring in analise en bestuur en meer as 25 jaar in FMCG en die kleinhandel, het Mel ’n loopbaan gevolg wat deur die bankwese, akademie, gasvryheid, finansiële dienste, bemarking en strategie gestrek het. Sy het onder meer senior en uitvoerende poste beklee by SAB/Coca-Cola, Makro en Dis-Chem en het haar korporatiewe loopbaan einde 2025 as Hoofbemarkingsbeampte (CMO) van die Clicks-groep afgesluit.

Vandag staan sy aan die hoof van NewPivot Leadership Advisory, waar sy individue, leiers en organisasies deur groei, verandering en oorgang begelei. Haar werk sluit afrigting, mentorskap, advies en openbare optredes in, met ’n besondere belangstelling in vroue en jong leiers wat op belangrike draaipunte in hul loopbane en lewens staan.

Mel se belangstelling in pivots of koersdraaie is nie bloot teoreties nie. Dit het gegroei uit haar eie ervaring van ’n loopbaan en lewe met verskeie onverwagse draaie—en uit haar oortuiging dat ’n mens nooit te oud, te gevestig of te suksesvol is om weer eerlik oor jou volgende koers te dink nie.

Sy is die trotse ma van twee volwasse kinders en ouma van haar geliefde tweeling, Benjamin en Nina.


Annelize Blom is iemand wat daarvan hou om dinge van die grond af op te bou: om ’n idee te vat, dit uit te pluis en dit uiteindelik in iets tasbaars te omskep.


Nadat sy skakelwese studeer het, het Annelize vir verskeie jare in die wynbedryf gewerk, ’n wêreld waarin sy grootgeword het en wat van jongs af deel van haar passie was. Haar loopbaan het egter mettertyd ’n kreatiewe wending geneem. Gefrustreerd deur die uitdaging om haar idees deur ander se ontwerp- en fotografiewerk tot lewe te sien kom, het sy besluit om dit self te leer.

Sy het haarself ontwerpvaardighede aangeleer, fotografie studeer en uiteindelik haar eie ontwerp- en fotografiebesigheid begin.


Haar liefde vir kreatiwiteit en entrepreneurskap het later aanleiding gegee tot die ontstaan van die Vrouenetwerk, ’n gemeenskap wat vroue en plaaslike entrepreneurs met mekaar verbind en ondersteun.


Vandag is Annelize voltyds betrokke by haar en haar man se besigheid, Pacific Racking & Shelving en ook die dryfkrag agter Pacific Storage, ’n onderneming wat sy van die grond af help ontwikkel het. Sy is verantwoordelik vir die handelsmerkontwikkeling, bemarking en grafiese ontwerp van die maatskappy. Tegniese tekenwerk val ook onder haar portefeulje, en die ontwerp van uiteenlopende stoorspasies, vanaf motorhuise tot groot pakhuise en winkelruimtes, vorm ’n belangrike deel van haar daaglikse werksaamhede..


Annelize se loopbaan is ’n weerspieëling van haar nuuskierigheid, kreatiwiteit en vasberadenheid om nuwe dinge aan te pak. Tussen ’n groeiende besigheid, drie kinders en ’n besige huishouding vind sy steeds ruimte om nuwe idees te ontwikkel en geleenthede raak te sien.

DIRECTIONS

Durbanville: Oktober
Durbanville Hills Winery
Tygerberg Valley Rd, Cape Farms, Cape Town, 7550, South Africa
Get Directions

DISCOVER