Jak de Priester : Van Sally tot Somerset-Wes
Sun Nov 22, 16:00 - Sun Nov 22, 17:30
Lourensford Wine Estate
ABOUT
Jak de Priester – 25 Jaar van Musiek | Lourensford Wynlandgoed
Van “Sally Williams Nougat” tot Somerset-Wes – 25 jaar van musiek, stories en onvergeetlike oomblikke!
In 2001 skryf Jak de Priester sy eerste groot treffer, “Sally Williams Nougat”, die liedjie wat die begin van ’n besondere Afrikaanse musiekloopbaan sou wees. ’n Jaar later wen hy die ATKV Crescendo-kompetisie en stel hy sy debuutalbum bekend.
Nou, 25 jaar later, vier Jak hierdie ongelooflike mylpaal met ’n spesiale konsert by die pragtige Lourensford Wynlandgoed – ’n middag vol van sy geliefdste liedjies, stories, nostalgie en ’n paar verrassings.
Vir die eerste keer tree Jak hier op saam met sy band, Die Kaapse Lawaaimakers – ’n groep uitmuntende musikante uit die omgewing wat Jak se musiek met ongelooflike energie en passie tot nuwe hoogtes neem.
Kom geniet ’n onvergeetlike middag van musiek, stories, lag en nostalgie saam met Jak, in die pragtige omgewing van Lourensford Wynlandgoed.
22 November 2026
Lourensford Wynlandgoed, Somerset-Wes
**Kosvendors en wyn sal op die terrein beskikbaar wees.
**Eie kos en drank word ongelukkig nie op die terrein toegelaat nie.
**Geen sitplekke word gereserveer nie – sitplek is op ’n eerste-kom-eerste-bedien-basis.
**Deure open om 15:00 en die vertoning begin om 16:00.
**Neem asseblief kennis dat die venue nie rolstoelvriendelik is nie.
Kaartjies is beperk – moenie hierdie spesiale viering misloop nie! Koop jou kaartjies nou op Quicket en wees deel van Jak se 25 jaar van musiek.
’n Aand van musiek. ’n Aand van stories. ’n Aand om te onthou.