Family friendly

'Kerk toe' met Johan Anker

Sat Oct 31, 17:30 - Sat Oct 31, 21:00

Die Pienk Kerk

ABOUT

'KERK TOE' met JOHAN ANKER

31 OKTOBER

17.30 | R400

2 X GANG ETE INGESLUIT

** Bring gerus jou eie drank


Kerk Toe is ’n vars, humoristiese en hartroerende eenman-kabaret waarin Johan Anker die alledaagse wêreld van die kerk met skerp humor, warmte en eerlikheid uitbeeld. Deur die oë van Neels du Preez, ’n nuut aangestelde dominee, word die gehoor op ’n onvergeetlike reis geneem deur die mense, tradisies en komiese oomblikke wat elke gemeente uniek maak. Van ’n gesin wat op pad kerk toe baklei voordat hulle met vriendelike glimlagte by die kerk instap, tot die uiteenlopende tipes dominees wat Neels probeer navolg terwyl hy worstel met die vraag: "Watter dominee is ek?" – elke skets is propvol herkenbare humor en opregte menslikheid.


Die reis gaan verder na eksentrieke aanbiddingsleiers, huisbybelstudies waar gebedsversoeke, moeilike kinders en te veel kos die aand oorneem, jeugleiers wat desperaat probeer om "cool" te wees, en die onvermydelike dramas van die jaarlikse Kerssangdiens waar almal – van die skaapwagters tot die tannies – hul oomblik in die kollig eis. Tussen die lag ontdek Neels egter dat geloof nooit oor perfeksie gaan nie, maar oor mense wat saam leer, struikel en groei.


Met geliefde musiek, skreeusnaakse karakters en 'n diep boodskap van genade, herinner Kerk Toe ons aan Neels se eenvoudige, maar kragtige besef: "Nie omdat ons perfek is nie… maar omdat ons nie is nie." Dalk is dit juis hoekom ons almal steeds “kerk toe” gaan.


English: Kerk Toe

Kerk Toe is a fresh, heartfelt and laugh-out-loud one-man cabaret in which Johan Anker shines a humorous spotlight on the wonderfully imperfect world of church life. Through the eyes of Neels du Preez, a newly appointed minister, audiences are taken on an unforgettable journey through the people, traditions and comic moments that make every congregation unique. From a family arguing all the way to church before greeting everyone with perfect smiles, to the many different types of ministers as Neels struggles to answer the question, "What kind of minister am I?", every sketch is filled with sharp wit, relatable humour and genuine heart.


The journey continues with eccentric worship leaders, chaotic home Bible study groups where prayer requests, mischievous children and an abundance of food compete for attention, youth leaders desperately trying to be "cool", and the unforgettable dramas surrounding the annual Christmas service, where everyone—from shepherds to church ladies—is convinced they deserve the spotlight. Through every hilarious encounter, Neels gradually discovers that faith has never been about perfection, but about ordinary people learning, stumbling and growing together.


Blending familiar music, unforgettable characters and a moving message of grace, Kerk Toe reminds us of Neels' simple yet profound realisation: "Not because we are perfect... but because we are not." Perhaps that is precisely why we all keep coming “kerk toe”.


JOHAN ANKER BIOGRAPIE/ AFRIKAANS:


Johan Anker het in 2016 landswyd bekendheid verwerf toe hy aan die eerste seisoen van The Voice South Africa deelgeneem het. Sy aangrypende weergawe van Hallelujah het al vier afrigters se stoele laat draai en hom onmiddellik as een van die kompetisie se uitblinkers gevestig. Die video van sy oudisie is sedertdien honderde duisende kere op YouTube gekyk en is deur The Voice Global as een van die wêreld se uitstaande oudisies uitgelig.


Na afloop van die kompetisie het Johan 'n platekontrak onderteken en sy debuutalbum, Hoop en Bid, vrygestel. Liedjies vanaf die album het landswyd radiolugtyd geniet en hom die geleentheid gebied om regoor Suid-Afrika op te tree by feeste, konserte en geloofsbyeenkomste. Sy lewendige weergawe van Die Oorwinningslied het ook groot gewildheid op sosiale media verwerf en reeds meer as 'n halfmiljoen kyke ontvang.


Sedertdien het Johan sy plek as een van Suid-Afrika se gewildste inspirasiekunstenaars verder verstewig met suksesvolle vrystellings soos My Arms, Soldaat, Die Seën, die trefferduet Ek Belowe saam met Idols-wenner Sasha-Lee Davids, asook sy jongste Kersfeesvrystelling, Briefie vir Kersfees.


Johan is 'n gegradueerde van die Universiteit Stellenbosch, waar hy Drama en Teater studeer het. Ná jare se sukses in die musiekbedryf keer hy nou terug na sy eerste liefde – die verhoog – met sy selfgeskrewe eenman-kabaret, Kerk Toe. Die produksie kombineer sy passie vir musiek, storievertelling en karakterwerk en bied gehore 'n unieke mengsel van humor, ontroering en eerlike refleksie.


Johan se liefde vir musiek het reeds op negejarige ouderdom begin toe hy die eerste keer as solis in sy kerk opgetree het. Daar het hy nie net 'n liefde vir sang ontwikkel nie, maar ook 'n diep begeerte om sy geloof deur musiek uit te leef. Hy beskou sy talent as 'n gawe van God en sien dit as 'n voorreg om musiek en stories te skep wat hoop bring, geloof versterk en mense se harte aanraak.


Of hy nou op 'n verhoog sing, liedjies skryf of gehore laat lag en dink in Kerk Toe, Johan Anker bly toegewy aan sy roeping om deur egtheid, humor en geloof mense te inspireer.




DIRECTIONS

'Kerk toe' met Johan Anker
Die Pienk Kerk
24 Chatou Rd, Richmond, Johannesburg, 2109, South Africa
Get Directions