FREE OPTIONS

ATKV-Crescendo Liedjieskryfwerkswinkel | Die Centurion Teater

Thu Sep 24, 09:00 - Thu Sep 24, 15:00

Die Centurion Teater

ABOUT

ATKV-Crescendo Liedjieskryfwerkswinkel


Wil jy jou liedjieskryfvaardighede ontwikkel en meer leer oor die proses agter ’n goeie lied?

ATKV-Crescendo bring die Crescendo Liedjieskryfwerkswinkel op 24 September na die Centurion Teater. Hierdie praktiese werkswinkel bied deelnemers die geleentheid om saam met ervare liedjieskrywers, musikante en mentors te leer oor verskillende aspekte van liedjieskryf – van lirieke en melodie tot liedstruktuur en die kreatiewe proses.


Die werkswinkel word aangebied deur:

· Joshua na die Reën

· Gracia Louw

· William Jacobs

· Ruan Graaff

· Selby Williams

· Morné Ayeni

· Lizl Simoes


Of jy reeds liedjies skryf of net jou eerste tree in liedjieskryf wil gee, hierdie is ’n geleentheid om nuwe vaardighede aan te leer, praktiese kennis op te doen en jou kreatiewe proses verder te ontwikkel.


?? Plek: Centurion Teater

?? Datum: 24 September, 9VM

??? Toegang: Gratis

?? Registrasie is noodsaaklik.


DIRECTIONS

ATKV-Crescendo Liedjieskryfwerkswinkel | Die Centurion Teater
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions

DISCOVER