No under 13s

Asem

Fri Oct 2, 19:00 - Fri Oct 2, 21:00

Attic Atelier

ABOUT

Drie sonderlinge stemme smee kragte en besing die bron van lewe, Asem, van hoek tot kant.


Digkuns, boekendsetellings vir digkuns, vars toonsettings en oorsoronklike musiek gekombineerd met passie, humor, deernis en liefde.


Petronel Baard bring die kuns van Stef Kruger en Hannes Visser meesterlik saam in 'n produksie wat nie alleen hulle digkuns en musiek deel nie, maar ook temas van "Asem" ondersoek in beide se werk rn in Baard se eie toonsettings van onder andere Visser se werk.


Kom geniet 'n aand van keurig voorbereide kultuur, sang, woordkuns en musiek wanneer die Lang Vrou en haar vriende jou bekoor met egte harte en woorde vol Lewe.


Agtergrond:


Na die sukses van "Asemhaal" wat Petronel en Hannes Visser by die Prins Albert Leesfees in 2024 oogevoer het, "Verdubbel hulle nou die Geluk" (soos Petronel en Stef se jarelange vertoning bekenstaan) in "Asem".


Dié produksie is gebore by die opening van die eerste Despatch Boekmakietie en was so besonders dat hulle dit verder wil vat.


Al die emosies is teenwoordig, lekker lag, goeie huil en as jy jou piekniekmandjie en vriende bring, gaan dit nog 'n aand wees om te onthou by die lieflike Attic Atelier in George.


Bespreek hier of WhatsApp Petronel by 082 737 8416.


Kaartjies vanaf R200 en daar is kroeg fasiliteite beskikbaar.


Adem Asem saam met ons, so lank ons dit het om te lewe.


DIRECTIONS

Asem
Attic Atelier
die BENZ, 13 Market St, George Central, George, 6529, South Africa
Get Directions

DISCOVER