ABOUT
Elegant in Wit
Jy word hartlik uitgenooi na ’n heerlike oggend saam met Willem Botha!
Willem gaan ’n inspirerende grimeerklas aanbied en ons boonop met sy pragtige musiek vermaak. ’n Heerlike ete word voorsien, en daar sal ook drankies te koop wees.
Trek jou mooiste wit uitrusting aan en kom geniet ’n oggend vol styl, lag, musiek en lekker kuier!
Ons sien daarna uit om Affie-ma’s by hierdie spesiale geleentheid te verwelkom!