DIE AFFIEKOOR-KONSERT

Thu Aug 20, 18:30 - Thu Aug 20, 20:00

AHS Potgietersaal

ABOUT

Die Affiekoor (Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria) en die A-minere (a cappella-groep) bied ’n uiteenlopende program van kontemporêre en klassieke werke aan, begelei deur klavier, strykers, fluit en perkussie. Die program sluit ou bekende stukke soos The Lord’s Prayer, Liedjie vir jou en die tradisionele Yonder Come Day in. Konsertgangers kan ook uitsien na vyf nuwe komposisies wat spesiaal vir die Affiekoor geskryf is.


Hierdie konsert is een van die min geleenthede per jaar waar die gehoor die volle repertorium van die Affiekoor asook die A-minere kan aanhoor.


Die konsert dien as ‘n fondsinsameling met die doel om klank- en beeld-opnames van die koor gratis aan die publiek beskikbaar te stel.

DIRECTIONS

DIE AFFIEKOOR-KONSERT
AHS Potgietersaal
1 Lynnwood Rd, Lynnwood, Pretoria, 0002
Get Directions