Daai Kleindorpiegevoel - Musiekblyspel | Die Centurion Teater
Sat Oct 3, 19:00 - Sat Oct 10, 21:00
Die Centurion Teater
ABOUT
Daai Kleindorpiegevoel - Musiekblyspel
Akademia maak vanjaar trots sy buiging op die teaterverhoog met die Afrikaanse studentemusiekblyspel, Daai kleindorpiegevoel. Dié blyspel sal vanaf 3 tot 10 Oktober 2026 by die Centurion Teater opgevoer word en is deur Inhoud Huis Musiek ontwikkel.
Daai kleindorpiegevoel is `n hartroerende verhaal van selfontdekking, liefde en gemeenskap.
Wanneer Pieter se motor buite die klein dorpie Stofpan teëspoed gee, het hy géén idee dat drie weke op Tannie Pompie se plaas sy hele lewe onherroeplik gaan verander nie. Wat begin as `n noodgedwonge wegbreek, ontvou gou in `n ontdekkingsreis gevul met romanse en tekenend van menswees. Tussen eksentrieke dorpenaars, `n bok met `n persoonlike vendetta, plaasuitdagings en ou liefdes wat weer opvlam, leer Pieter dat die belangrikste dinge in die lewe nie gekoop kan word nie.
Jy sien, Stofpan, is alles behalwe stil. Terwyl `n slinkse burgemeester sy oog op meer as net Tannie Pompie se plaas het, moet Pieter besluit: Keer hy terug na die lewe wat hy ken óf waag hy die een wat hy nooit sien kom het nie?