Kuier Lentedag 2026 aangebied deur Spekko
Sat Sep 5, 12:00 - Sat Sep 5, 17:00
Ashanti Estate Farm
ABOUT
WEES DEEL VAN KUIER SE LENTEDAG-PATSY!
Dis weer sulke tyd! Ons vierde Kuier-Lentedag is hier en vanjaar gaan ons weer groot met lekker uithaler-vermaak, ’n smullekker driegangmaaltyd en hope pryse! Die Suidooster-ster Dean Smith, en sy skreeusnaakse alter ego, Antie Bettie, wat onlangs vir die eerste keer saam met Dean op Kuier se voorblad gepryk het, gaan die lagspiere kielie en is ons MC’s vir die dag.
En die gewilde TV-sjef Gadija Sydow-Noordien gaan Kuier-lesers bederf met ’n kosdemonstrasie.
Heart FM gaan ook vanjaar ‘n draai kom maak by die Kuier Lentedag! Ontmoet van hulle omroepers by die Spekko pop-up waar hulle ‘n cook-off gaan doen as deel van die Spekko IMAGINE veldtog.
Dié jaar hou ons dinge superstylvol met ons “black & bling”-tema. Swart is tydloos, elegant en dra krag – nés ons Kuier-vroue! Soos oudergewoonte gaan lesers bederf word met lekker sangvermaak en inspirerende praatjies. En dié keer gaan die sterre van die gewilde sepie Suidooster ook saam deel wees van die pret. Jy kan jou maar reg maak vir groot sports! Kom vier die koms van lente saam met Kuier in styl!
Aangebied deur Spekko Rice, in samewerking met Glosheen, Robertson Winery en Afrikaans.com.
DATUM
SATERDAG 5 SEPTEMBER 2026
TYD
12:00 VIR 12:30
PLEK
ASHANTI ESTATE, PAARL
TEMA
BLACK & BLING
Kaartjies kos R420 en daar is min plek so bespreek nóú al om teleurstelling te voorkom.