JOHNNY SE JUNE - Die Verhaal van Johnny Cash en June Carter | Die Centurion Teater
Thu Sep 10, 19:30 - Thu Sep 10, 20:45
Die Centurion Teater
ABOUT
JOHNNY SE JUNE
Die Verhaal van Johnny Cash en June Carter
Met:
Christiaan Baartman
Marissa Claasen
Almal het die rock-’n-roll en die verhoog-magie gesien, maar min het die geveg agter die gordyn geken.
Johnny se June kombineer 12 ikoniese treffers met ’n meesleurende, agter-die-skerms kykie na hul lewens, uit June Carter se perspektief. Sien hoe verslawing, beproewings en die eise van die pad hul tol geëis het, en hoe musiek uiteindelik hul pad na mekaar oopgekerf het.
Sluit aan by ons vir 'n intieme, rou teater-ervaring vol lewendige musiek, koffers vol verlede, en 'n liefde wat geweier het om op te gee.