Lizl Simoes met Joshua na die Reën - Kinders van die Lig | Die Centurion Teater | ATKV Crescendo
Wed Sep 23, 19:00 - Wed Sep 23, 20:30
Die Centurion Teater
ABOUT
Kinders van die Lig is die amptelike bekendstellingskonsert van Lizl Simoes – ’n viering van haar eerste vyf oorspronklike enkelsnitte en die begin van ’n nuwe hoofstuk in haar musikale reis.
As ATKV-Crescendo-opnamekunstenaar het Lizl die afgelope jaar gehore aangegryp met haar eerlike lirieke, unieke stem en vars klank. Ná die sukses van haar debuut-enkelsnit Muurblom en haar verskyning tydens ATKV-Crescendo GOUD: Divas van Afrikaans, bring sy haar eie musiek na die verhoog in ’n produksie vol hoop, emosie en nuwe begin.
Die konsert neem sy naam uit Lizl se splinternuwe duet Kinders van die Lig saam met Joshua na die Reën, wat op 4 September 2026 vrygestel word. Joshua na die Reën sluit ook as spesiale gaskunstenaar by Lizl aan vir hierdie besondere aand.
Onder leiding van musikale regisseur William Jacobs, saam met musikante Ruan Graaff, Angelo Roman en Justin Arendse, word Lizl se oorspronklike musiek in ’n unieke lewendige verhoogervaring omskep.
Kom vier saam met ons die bekendstelling van ’n nuwe stem in Afrikaanse musiek – ’n aand waar oorspronklike liedjies, betekenisvolle stories en lig saamvloei.